Mossel Bay Advertiser

Eisteddfod gekenmerk deur ongeloofli­ke talent

-

Die 2022 Mosselbaai Eisteddfod het verlede week met groot opwinding begin. Die eerste week wat musiek was, is deur ongeloofli­ke plaaslike talent en entoesiasm­e gekenmerk. Die uitblinker-deelnemers in klavier, sang, xylofoon, kitaar, viool, ukulele, slagorkest­e en kore, het volgens die beoordelaa­rs beslis uitgehaal en gewys. “Die musiekfees het die skitterend­e toegewydhe­id van ons musiekonde­rwysers en begeleiers skerp uitgelig.”

Twaalf kore, met meer as 700 leerders, het deelgeneem en baie aandag getrek. Die hoogs-ervare en gerespekte­erde musiekbeoo­rdeelaar, Philippus Hugo, het die algemene musiekstan­daard as besonders bestempel en veral die kore geloof vir hulle buitengewo­on hoë standaarde. Hy het selfs gevoel dat van die kore op wêreldstan­daard is.

Ander optredes

Die spreekkore word vandag, Vrydag 2 September, om 15:00 beoordeel. Dié spreekkore wat uit 10 kore bestaan en meer as 155 deelnemers insluit, beloof ook om die gehoor met hulle talent te beïndruk.

Gróót opwinding heers ook oor die opkomende dansprogra­m wat op Dinsdag, 7 en Woensdag, 8 September plaasvind. Daar is talle solo-items en ook 20 dansgroepe wat uit 76 deelnemers bestaan. Beide Dinsdag en Woensdag se programme begin om 13:30 en behoort onderskeid­elik tot so ongeveer 17:00 en 18:00 te duur.

Besoekers is baie welkom om die verskeie sessies, wat by Hoërskool Punt plaasvind, by te woon. ’n Nominale toegangsfo­oi van R20 vir volwassene­s word gevra. Toegang vir kinders is gratis.

Die Eisteddfod se gala-aand vind op Saterdag, 10 September plaas. Meer inligting is by Abé Meintjes (083 268 3718) beskikbaar.

 ?? ?? Throy Pietersen begelei Misha van der Merwe met haar tjello-item.
Throy Pietersen begelei Misha van der Merwe met haar tjello-item.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa