Mossel Bay Advertiser

Lente ope-markdag vir kampeer en buitelewe entoesiast­e

-

‘n Unieke geleenthei­d wag vir kampeeren buitelewe-entoesiast­e met die lente ope-markdag wat die naweek van 10 en 11 September by Die Punt-karavaanpa­rk gehou word.

Bring al jou ongebruikt­e kamp- en buitelewe-toerusting en verkoop dit vanaf jou eie staanplek. Enige item, soos bote, jetski’s, visvang-toerusting, duikpakke, tente, karavane, braai’s, braaitoeru­sting en vele meer mag verkoop word. Die koste vir so ‘n uitstal-staanplek is R260 vanaf Saterdag, 10 September om 09:00 tot Sondag, 11 September om 15:00.

Vyf vanotels is ook beskikbaar vir bespreking teen R600 elk. ‘n Vanotels is ‘n gerestoure­erde karavaan wat gehuur kan word en waar jy stres-vry kan kampeer, omdat alles wat jy nodig het, reeds in die karavaan is. Al wat jy saambring, is jou eie beddegoed.

Die ope-dag is Saterdag vanaf 09:00 tot 15:00 en is oop vir alle belangstel­lendes. Toegang is heeltemal gratis. Parkeer jou voertuig buite en stap op jou tyd deur die park om die verskeiden­heid stalletjie­s te besigtig en te geniet. ‘n Verskeiden­heid stalletjie­s gaan heerlike kossoorte aanbied, om die hongerpyne te stil. Van dié stalletjie­s is, Curry King se Durban curries en bunny chows, Coffee and Treats 2 Go asook Eddie’s steak, biltong en gewilde boerie-rolletjies. Daar gaan ook vetkoek te koop wees en die snoepwinke­l is oop vir nog lekkernye.

Verskeie besighede, wat in kampeertoe­rusting spesialise­er, gaan ook by die ope-markdag uitstal. Hierdie uitstaller­s sluit in, Tuinroete Kampeer en Karavane, Surf’s Up, Garden Route Scuba Diving, Hartenbos Karavane, Romanza/ Aquamarine Boat trips en White Shark Africa.

Vir meer inligting en die bespreking van stalletjie­s en verblyf, skakel 044 690 3501.

 ?? Foto’s: Jannie du Plessis ?? Die kleurvolle ingang van die Punt Karavaanpa­rk
Die Punt karavaanpa­rk het 211 ruim kameerstaa­nplekke met ‘n mooi uitsig.
Foto’s: Jannie du Plessis Die kleurvolle ingang van die Punt Karavaanpa­rk Die Punt karavaanpa­rk het 211 ruim kameerstaa­nplekke met ‘n mooi uitsig.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa