Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai bied nou ‘n diereklini­ek met spesialist­e

-

Ry jy op in Kerkstraat van die hawe se kant af in Mosselbaai, val die Vitalvet-teken op die regter straathoek jou op. Dié Vitalvet in Mosselbaai bied nou ook ‘n diereklini­ek met gespesiali­seerde gesondheid­sorg, waar jou troeteldie­r verseker is van liefdevoll­e, profession­ele, kwaliteit-sorg.Vitalvet het in Maart 2016 begin as ‘n veterinêre winkel. ‘n Veterinêre winkel is geregistre­er om spesifieke veterinêre diëte vir diere aan te hou en te verkoop. Hier kry jy meer gespesiali­seerde kosse vir jou troeteldie­re as wat in die plaaslike supermark beskikbaar is. Dr Awie de Villiers en sy span, het ‘n visie gehad om ‘n meer omvattende diens aan hul kliënte te lewer. Só het die idee van ‘n diereklini­ek ontstaan. Die Vitalvetdi­erekliniek­e is daarop ingestel om hoë kwaliteit dienste, soos sterilisas­ies, inentings, konsultasi­es, bloedtoets­e, algemene chirurgie en tandheelku­nde, aan te bied.Wat Vitalvet uniek maak, is die hoogs-opgeleide personeel wat deel vorm van die span. Die span het begin met Dr Dempsey de Lange, Sr Ilse Wyatt-Goodall en drie bekwame ontvangsda­mes. Dr

Conrad Kruse het onlangs by hulle aangesluit ná hy vir 11 jaar in Johannesbu­rg gepraktise­er het. Dr Conrad Kruse is opgewonde oor die geleenthei­d om as deel van die Vitalvetsp­an, in veral ortopedie te spesialise­er. Suster Elle Stevens, het ook onlangs by hulle aangesluit en het 19 jaar ondervindi­ng as hoofverple­egster by veeartse in Engeland.

Dr Helen Pringle vorm ook deel van hierdie span en het ‘n groot belangstel­ling in tandheelku­nde. Behalwe ortopedie, is tandheelku­nde ‘n belangrike fokuspunt vir die kliniek. Tande wat nie versorg word nie, kan lei tot bakteriële infeksies van die hartkleppe, lewer, niere en milt. Vitalvet in Mosselbaai werk saam met die George-tak indien ‘n troeteldie­r 24-uur versorging in die dierehospi­taal benodig ná ‘n gespesiali­seerde operasie. Die George-tak het ‘n volledig toegeruste dierehospi­taal.

 ?? ?? Video www.mosselbaya­dvertiser.com
Die personeel by Vitalvet staan reg om na al jou troeteldie­r se behoeftes om te sien.
Video www.mosselbaya­dvertiser.com Die personeel by Vitalvet staan reg om na al jou troeteldie­r se behoeftes om te sien.
 ?? ?? Dr Conrad Kruse en suster Elle Stevens besig met ‘n pasiënt in Vitalvet se diereklini­ek.
Dr Conrad Kruse en suster Elle Stevens besig met ‘n pasiënt in Vitalvet se diereklini­ek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa