Mossel Bay Advertiser

Babaas val vas teen Crusaders

- Charles Theunissen

Crusaders van George wat hierdie jaar die bo-toon voer in die SWD senior klubkompet­isie het verlede Saterdag, 27 Augustus weer eens Barbarians die loef af gesteek in hul tweede kragmeting van die jaar. Barbarians, wat hierdie wedstryd met 29-54 op Crusaders se tuisveld verloor het, sal die komende rugbyseiso­en definitief met nuwe durf moet aanpak.

Crusaders wat vanaf die afskop met mening aangeval het, het vroeg in die eerste helfte twee keer agter die pale gaan kuier. Kort daarna het Clinton Wannies (skrumskake­l) van Babaas, met goeie agterlynsp­el ook twee keer gaan druk. Die tuisspan se vaste vyf wat die skrums oorheers het, was een te veel vir Barbarians. Dit was juis net voor rustyd en na goeie skrumwerk deur die tuisspan toe hulle agter die pale gaan druk het. Die rustydtell­ing was 19-12 in die guns van Crusaders.

In die tweede helfte het die tuisspan se swaarder agtal stelselmat­ig die oorhand in die vaste fasette begin kry en Babaas onder druk geplaas. Boonop moes hul beste lynstaansp­ringer, Daniel Abrahams die veld verlaat met ‘n kniebeseri­ng. Barbarians het moedig terug geveg en by tye aanskoulik­e rugby gespeel. Justin Bhana (vleuel), nog ‘n spoetvraat wat sy terugkeer gemaak het, het Barbarians se ondersteun­ers op hul agtervoete gehad met sy kronkellop­ies en bedrieglik­e systappies. Voorlangs was dit weer eens Babaas se kaptein Bradley Sumaro wat ‘n barshou gespeel het.

Vir Barbarians het Clinton Wannies en Justin Bhana elk twee drieë gedruk, terwyl Macdelin Saayman met drie doelskoppe en een strafskop geslaag het.

Barbarians se B-span klop Crusaders se B-span met 18-17 terwyl Babaas se C-span met 13-19 teen Crusaders se C-span verloor.

Progress

Barbarians kom môre, Saterdag 3 September, teen Progress van George op D'Almeida Park, Mosselbaai te staan. Die eerste wedstryd skop om 13:00 af en Mosselbaai­ers word genooi om Barbarians te kom ondersteun.

 ?? ?? Clinton Wannies (skrumskake­l) met die bal in hand, hier saam met sy kaptein Bradley Samaro wat ‘n barshou gespeel het. Wannies het twee pragdrieë gedruk.
Clinton Wannies (skrumskake­l) met die bal in hand, hier saam met sy kaptein Bradley Samaro wat ‘n barshou gespeel het. Wannies het twee pragdrieë gedruk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa