Mossel Bay Advertiser

Ouer spelers palm pryse in

- Gholfer

‘n Heerlike dag het op Woensdag, 24 Augustus die groot aantal spelers se dag by Mosselbaai-gholfklub opgevrolik. Clive Theys het die individuel­e stableford­kompetisie oorheers en op 42 punte was hy loshande die wenner. Oudlanddro­s, Barry Vermeulen, het hom goed van sy taak gekwyt.

Na die uittel was hy ‘n gewilde naaswenner op 39 punte. Johan van Rensburg en Frans Cilliers het hard in sy nek geblaas, maar moes uiteindeli­k met die derde en vierde plekke tevrede wees.

Die manne wat 38 punte gemaak het, naamlik Hein van Niekerk, Pieter Barnard en Johan Basson, het ook nog na hartelus in die pryse gedeel.

Saterdag

Saterdag, 27 Augustus het die vroeë uitsending van die toets tussen ons Springbokk­e en All Blacks ‘n klomp spelers se gholf in die wiele gery. Die teleurstel­lende uitslag van die toets het nou nie juis ‘n lied in die hart van die nie-spelers gelaat nie.

Hennie Klopper (82 jaar) en Brian Power (79 jaar) het die jonger manne behoorlik op hulle neuse laat kyk. Hulle wen die beterbal stableford kompetisie op ‘n stewige 48 punte. Om die tweede plek is daar ook kwaai meegeding, maar na die uittel op 46 punte het Louis Rossel en Leon Writes die bo-toon gevoer. Calvin Ascencao en Boeta de Jager was die trotse wenners van die derde plek.

Danie en Tracy Venter het hulle as ‘n gedugte kombinasie bewys en op 45 punte het hulle in die vierde plek ingeskuif. Wayne Mitchell en Attilio van Niekerk (45 punte) se vuurtjie het ook Saterdagaa­nd hoog gevlam nadat hulle die vyfde plek ingeneem het.

Lede word aangemoedi­g om van die vriendelik­e, profession­ele dienste van Ben du Toit by ons oefenbaan gebruik te maak. Ben beskik nie net oor uitmuntend­e afrigtings­metodes nie, maar sy geduldige en vriendelik­e manier waarmee hy oud en jonk hanteer is prysenswaa­rdig.

Sy gebaar om gratis hulp aan lede gedurende die week op vasgesteld­e tye te bied, het reeds baie positiewe kommentaar ontvang.

Om aan te haal: “I spend a lot of time on the driving range. I would like to thank Ben du Toit for the way he helps and coaches people. He has such a gentle way of working with children and the encouragin­g way in which he speaks to them.

It is a privilege for me to be a member and enjoy a well- managed driving range. Well done Ben. Regards, Emslie Wilmot.”

Ben du Toit kan by 071 194 5326 gekontak word vir verdere inligting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa