Mossel Bay Advertiser

Huldeblyk aan oud-Mosselbaai­er

-

'n Jarelange inwoner van Mosselbaai Noelline du Preez (née Fourie) is op 12 September oorlede. Noelline sou in Oktober 102 jaar oud word. Noelline is naby Oudtshoorn by Matjiesriv­ier op 11 Oktober 1920 gebore. Sy was die tweede oudste van 12 kinders, waarvan vier kinders haar oorlede tante se kinders was. Sy het hulle almal behalwe twee niggies oorleef. Dis juis by Mosselbaai se Punt by Die Poort waar sy haar geliefde man tydens ‘n vakansie ontmoet het en hulle is in Oudtshoorn op 20 Desember 1947 getroud. Hulle was 63 jaar getroud. Uit die huwelik is Linda (Claassens), Etienne en Jan gebore, maar Etienne het sy stryd teen kanker in 2019 verloor.

Noelline het vir 36 jaar skool gehou en sy was ‘n geliefde onderwyser­es. Sy het ‘n onuitputli­ke bron van energie gehad en het nooit middagslap­ies gevat nie. Sy het nog saam met haar oorlede seun op 96-jarige ouderdom ‘n boottoer na Europa onderneem.

Haar positiewe houding word weerspieël deur haar mooi herstel na die terugslag van ‘n gebreekte heup op die ouderdom van 99. Sy het gespog sy gaan weer loop en het ook, al was dit met die hulp van haar loopraam. Noelline word privaat veras. Sy los ‘n leemte in haar twee kinders, ses kleinkinde­rs en vyf agterklein­kinders se harte.

 ?? ?? Noelline en haar man het mekaar by Die Punt in Mosselbaai ontmoet. INLAS: Noelline du Preez (née Fourie) sou in Oktober 102 jaar oud geword het.
Noelline en haar man het mekaar by Die Punt in Mosselbaai ontmoet. INLAS: Noelline du Preez (née Fourie) sou in Oktober 102 jaar oud geword het.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa