Mossel Bay Advertiser

Polisie volg leidrade op

- Louise Karsten

Nog geen deurbraak is deur die polisie gemaak nadat 'n baba in 'n koelsak op die strand by Hartenbos gevind is nie. 'n Lykskouing is op Donderdag, 15 September op die liggaam van die baba, wat op Dinsdag, 13 September gevind is, voltooi.

Die polisie se kommunikas­iebeampte, kapt Malcolm Pojie sê die gevorderde stadium van ontbinding het dit moeilik gemaak om die baba se geslag of ras te bepaal.

Pojie sê ‘n verbygange­r het om ongeveer 10:00 op die liggaam afgekom. Die baba is in 'n pienk lap toegedraai, waarna die liggaam ook met 'n Pick n Pay-inkopiesak en 'n swartsak toegedraai is. Die koelsak waarin die baba gevind is, is nie 'n algemene kleur nie en het kleurvolle patrone.

Die koelsak het by die Hartenbosr­iviermond uitgespoel. “DNS-monsters is van die baba se liggaam geneem om ontleed te word om die moontlike ouderdom en geslag van die baba te bepaal,” sê Pojie.

Enigeen met inligting kan die ondersoekb­eampte in die saak ao Marizaan du Plessis van die Da Gamaskoppo­lisiestasi­e kontak by 079 879 9003.

 ?? Foto: Louise Karsten ?? Die liggaam van ‘n baba is in hierdie koelsak gevind. Enigeen met inligting oor die koelsak kan die ondersoekb­eampte in die saak kontak.
Foto: Louise Karsten Die liggaam van ‘n baba is in hierdie koelsak gevind. Enigeen met inligting oor die koelsak kan die ondersoekb­eampte in die saak kontak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa