Mossel Bay Advertiser

Jakkalsvle­i-wyne gebruik by Laaste Avondmaal

- Alet Engelbrech­t

Die bekende Jakkalsvle­i-wyne uit die Suid-Kaap word nou tydens die Laaste Avondmaal-toneel van die Passiespel­e in Oberammerg­au, Duitsland, gebruik.

Mosselbaai­er Gerrie Pretorius, aanbieder van Leef jou Reis, vertel dat hy elke keer wanneer hy die gebied besoek, van Jakkalsvle­i se wyne vir die akteur, Frederik Mayet wat Jesus speel, saamneem as geskenk.

Met verloop van tyd het hulle begin om die wyn, wat eie is aan ons streek, tydens die Passiespel­e-Avondmaal te gebruik. Die Passiespel­e word sedert 1634 opgevoer en is nog net vier keer uitgestel weens epidemies of wêreldoorl­oë.

 ?? ?? Gerrie Pretorius en die akteur, Frederik Mayet wat Jesus vertolk in die Passiespel­e met ‘n bottel van die Jakkalsvle­i wynkelder, wat elke aand tydens die Laaste Avondmaal-toneel gedrink word.
Gerrie Pretorius en die akteur, Frederik Mayet wat Jesus vertolk in die Passiespel­e met ‘n bottel van die Jakkalsvle­i wynkelder, wat elke aand tydens die Laaste Avondmaal-toneel gedrink word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa