Mossel Bay Advertiser

Fondsinsam­eling vir Badiso-sorgsentru­m

- Alet Engelbrech­t

'n Glansgelee­ntheid is Maandag, 19 September, by Salt & Copper, buite Hartenbos gehou om fondse in te samel vir die dag- en nasorgsent­rum Badisa, in Sonskynval­lei.

Die 140 vroue wat die heerlike noenmaal bygewoon het, is vermaak deur die kinders en onderwyser­s se dans- en sangtalent­e. Volgens Mariaan Meyer, is die onderwyser­esse by die sentrum almal deel van die Vroeë Kinderontw­ikkelingsp­rogram (ECD). Sowat 92 kinders word van 06:30 tot 16:30 by die dagsorgsen­trum versorg waar hulle gereed gemaak word vir formele skooloplei­ding en ook twee gebalansee­rde maaltye per dag kry.

'n Na-skoolsentr­um bied aan ouer kinders 'n plek waar hulle met huiswerk gehelp word. Arbeidster­apie en musiekwaar­deringskla­sse word ook aangebied.

Badisa is 'n nie-regeringso­rganisasie wat gesamentli­k deur die NG Kerk en die VGK bestuur word in die Wes-Kaap met geld wat deur die regering beskikbaar gestel word om in gemeenskap­pe aan te wend. Hulle het verskeie opleidings­entrums, 'n tehuis vir ongehude moeders en 'n versorging­soord wat onder hul bestuur val.

Volgens Meyer, was die doel van die geleenthei­d om aan die wyer gemeenskap te wys waaroor Badisa gaan en om dankie te sê vir die reuse-hulp wat hulle ontvang met donasies om kinders se skoolgelde te borg.

"Weens die moeilike ekonomiese toestande waarin ons nou vasgevang is, help hierdie fondsinsam­eling en donasies geweldig baie".

 ?? ?? Onderwyser­s van die Badisa Dag-en Nasorgsent­rum by die glansgelee­ntheid.
Onderwyser­s van die Badisa Dag-en Nasorgsent­rum by die glansgelee­ntheid.
 ?? ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Kinders van die Badisa Dag- en Nasorgsent­rum trakteer die gaste met hul danse.
Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Kinders van die Badisa Dag- en Nasorgsent­rum trakteer die gaste met hul danse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa