Mossel Bay Advertiser

Opskorting van verbod

-

Die Nasionale Dieregeson­dheidsforu­m sê in 'n verklaring hulle is dankbaar dat die verbod op die vervoer van beeste weens die voorkoms van bek-en-klouseer onlangs opgehef is. Die forum sê hulle is egter nog steeds bekommerd oor die vinnige verspreidi­ng van die siekte. "Ons moedig ons lede en rolspelers aan om voorsorg te tref en om nuwe vee wat van elders aangeskaf is, eers vir 28 dae in kwarantyn te plaas, weg van hulle gevestigde kuddes".

Die forum het op Dinsdag, 13 September saam met die Direktoraa­t van Dieregeson­dheid gewerk aan ‘n konsepstra­tegie vir die beheer van beken-klouseer vir die kort- en langtermyn. Die uitbreking van die siekte het die landboubed­ryf laat steier en boere in die Mosselbaai-omgewing is ook daardeur geraak. Bek-en-klouseer is uitsluitli­k 'n dieresiekt­e en hou geen bedreiging vir die mens in nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa