Mossel Bay Advertiser

Chernan is ‘n uitblinker

-

Chernan Joseph, leerder van Hoërskool Sao Bras het op Saterdag, 17 September aan die SACSSA Ope in Mosselbaai deelgeneem in die seuns o/17afdeling waar hy afstande van 50,30m in diskus en 16,75m in gewigstoot behaal het. Beide prestasies plaas hom in die top 10 ranglys in Suid-Afrika vir vanjaar.

Hy neem weer op 30 September deel aan die Punt Top 10 en op 1 Oktober aan die Mosselbaai Worpebyeen­koms.

 ?? ?? Chernan en sy afrigter, mnr J. Du Toit.
Chernan en sy afrigter, mnr J. Du Toit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa