Mossel Bay Advertiser

Skaakspele­rs presteer

-

Hoërskool Sao Bras se skaakspele­rs het die afgelope paar weke aan verskeie toernooie deelgeneem en uitstekend presteer.

Clayden Taute het aan die SA-Ope skaaktoern­ooi en die Pacaltsdor­p Ope deelgeneem. Hy is tans derde in die Eden en Karoo Distrikte en 16de in die o/18-groep in Suid-Afrika.

Op 13 Augustus het die o/15meisies aan die Eden Topskole Skaaktoern­ooi deelgeneem waar hulle die eerste plek behaal het. Op 16 en 17 September het hulle aan die Wes-Kaap Topskole-toernooi in Caledon deelgeneem waar hulle 'n tweede plek behaal het uit sewe spanne waaronder skole soos St Cyprians, Girls High School en Paarl Girls High resorteer. Hulle behaal ‘n tweede plek in die Wes-Kaap Topskole-span. Die volgende deelname is in Oktober in Johannesbu­rg.

 ?? ?? Hoërskool Sao Bras se skaakmeisi­es is van links, Shaunay Jansen, Jamischka Kapelaan, Bernadine Michaels, Amber Jones en Gabriella Jansen (kaptein). Afwesig: Katelin October.
Hoërskool Sao Bras se skaakmeisi­es is van links, Shaunay Jansen, Jamischka Kapelaan, Bernadine Michaels, Amber Jones en Gabriella Jansen (kaptein). Afwesig: Katelin October.
 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Clayden Taute.
Foto: Jannie du Plessis Clayden Taute.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa