Mossel Bay Advertiser

Kobus Potgieter blink uit

- Gholfer

Werner Botha en sy span van Nashua het op Woensdag, 14 September weer getrou hulle maandeliks­e gholfdag op die Mosselbaai-gholfbaan suksesvol aangebied. Die 158 spelers wat hulle talente in die individuel­e Stableford­kompetisie kom uitstal het, het uitmuntend­e gholf gespeel.

Kobus Potgieter was egter op sy allerbeste en met 44 punte op sy kaart het hy die wenners-kampie as onbetwiste wenner betree. Adin van Aswegen het self 43 punte opgestapel en het as naaswenner die podium betree. Op 41 punte het die uittel-stelsel beslis dat Noël Domingo die derde plek sou inneem met Wynand Stander in die vierde plek. Op 81-jaar het Gerhard Pool met 40 punte in die vyfde plek, sommer baie jong manne in die stof laat byt.

Saterdag

Die heerlike lenteweer wat die 144 spelers

Saterdag, 17 September begroet het, het ‘n huppel in oud en jonk se stap gebring. Die beterbal houespelko­mpetisie het van meet af aan die manne hulle beste gholf laat speel. Twee ou karperde, JJ Joubert en Karools Hauptfleis­ch, was in ‘n verwoesten­de bui en het behoorlik hulle opponente met 61 houe in die skadu gestel.

Die naaswenner­s, André Middel en Roelof Engelbrech­t het met 64 houe net nie genoeg skietgoed gehad om die wenners te troef nie, maar was suksesvol in die uittel-proses. David Bourhill en Wynand Liebenberg (64 houe), asook Alfred du Plessis en Gavin Reynolds (64 houe) was onderskeid­elik derde en vierde. In die vyfde plek op 66 houe het pa-en-seun, Barend en Riaan Kotzé by die agterdeur ingeglip.

Lede moet nou reeds ‘n aantekenin­g maak dat die klub se jaarlikse algemene vergaderin­g geskedulee­r is om op Woensdag, 28 September om 19:00 in die klubhuis plaas te vind.

 ?? ?? Wenners op Boggomsbaa­i: Martin en Eleonor Speelman, met Nic Marais (voor) en agter is Mart en Thys Cronje, Branko Celica, Alwyn Vorster, Marius Loubser en Cassie Swanepoel.
Wenners op Boggomsbaa­i: Martin en Eleonor Speelman, met Nic Marais (voor) en agter is Mart en Thys Cronje, Branko Celica, Alwyn Vorster, Marius Loubser en Cassie Swanepoel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa