Mossel Bay Advertiser

Sages besoek Boggoms

- Marius Loubser

Wanneer die gholfklub op Boggomsbaa­i vol mense is, is die Boggomsbaa­iers op hulle gelukkigst­e. 'n Groep van 48 SuidKaap Sages-lede het op Dinsdag, 13 September op Boggomsbaa­i gespeel en die uitsonderl­ike ervaring eerstehand­s beleef. Die Boggombaai­ers was gasvry soos altyd en elke gholfspele­r het die dag geniet.

Die formaat van die dag se spel was 'n vierbal-samespel met een Stableford­telling op putjie een, twee op putjie twee en drie op putjie drie. Dit is dan herhaal op die oorblywend­e putjies.

Die volgende spelers het die beste gevaar:

1. Martin en Eleonor Speelman (Mosselbaai) en Thys en Mart Cronjé (Stilbaai) - 96

2. Cassie Swanepoel en Marius Loubser (Boggomsbaa­i) en Alwyn Vorster en Branko Celica (Stilbaai) - 93

3. Willem du Plessis en Bennie Pienaar (Boggomsbaa­i) en Nic Marais en Gert Brink (Mosselbaai) - 92

4. Koos Eksteen en Colin Sharwood (Riversdal) en Stoffel en Breggie Maritz (Mosselbaai) - 90

5. Fred Bull en Leon Neveling (Mosselbaai) en Wessel de Bruyn en Gary Ristow (Stilbaai) - 85

6. Craffie Crafford en Kwartus Sieberhage­n (Mosselbaai), Denzil Geldenhuys (Riversdal) en Freddie Stander (Boggomsbaa­i) - 85

Die naaste aan die penne geborg deur JC Slaghuis van Riversdal, is gewen deur Antony Slater van Mosselbaai op 6/15 en Mart Cronjé van Stilbaai op 9/18. Mart en Antony, asook Nic Marais en Craffie Crafford, het almal goed presteer.

Die volgende Suid-Kaap Sageskompe­tisie is die jaarlikse Kansadag op 10 Oktober op Mosselbaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa