Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai JOC: ‘Ons bly oop vir vennootska­p’

-

Raadslede, voorsitter­s en verteenwoo­rdigers van die buurtwagte en gemeenskap­spolisiefo­rums het vandeeswee­k ‘n inligtings­essie by die Mosselbaai-munisipali­teit se gesamentli­ke beheersent­rum (JOC) bygewoon om op die hoogte van die jongste verwikkeli­nge te kom.

“Die munisipali­teit se mandaat wat veiligheid betref, het te doen met die afteken van bouplanne en dies meer, maar omdat ons bewus is van misdaad-statistiek en graag ‘n veilige omgewing wil skep vir ons inwoners, stap ons die tweede myl,” het die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Dirk Kotzé tydens die byeenkoms gesê.

Die portefeulj­evoorsitte­r vir gemeenskap­sveilighei­d, raadslid Leon van Dyk het dit duidelik gestel dat die gesamentli­ke beheersent­rum oop is vir almal. Hy het ook ‘n ope uitnodigin­g gerig aan buurtwagte om by die sentrum in te skakel, juis omdat hulle ook reeds belê het in die infrastruk­tuur wat gemeenskap­sveilighei­d by uitnemendh­eid dien. Van Dyk het veral verwys na die aantal veiligheid­skameras waarvan die beeldmater­iaal na die JOC se kringtelev­isie-observasie­kantoor herlei word.

“Ons wil graag die buurtwagle­de inkorporee­r om nadat hulle die nodige addisionel­e opleiding en skandering ondergaan het, ook in te skakel by die observasie­kantoor. Op hierdie manier bly hulle volhoubaar en daadwerkli­k by misdaadvoo­rkoming betrokke,” het Van Dyk verduideli­k.

Kotzé en Van Dyk het beide daarna verwys dat beter samewerkin­g met alle partye in die veiligheid­sektor essensieel tot die JOC en gemeenskap­sveilighei­d se sukses sal bydra maar dat hierdie samewerkin­g binne ‘n wetlike korrekte raamwerk moet geskied.

Van Dyk het met die buurtwagte wat in terme van die departemen­t van gemeenskap­sveilighei­d se beleid geregistre­er is, bedank en genoem dat van die 46 bestaande buurtwagte, reeds 37 hierdie formele stap geneem het.

Daar is ook goeie nuus in terme van die uitbreidin­g van Mosselbaai se veiligheid­skamera-netwerk, aldus Van Dyk.

“Ons is druk besig om met die sakesektor te gesels sodat die kamera-netwerk in die omgewing van Louis Fourieweg versterk kan word en dit sluit ook ander areas in die dorp in.”

Kotzé het weer eens beaam dat die oogmerk is om Mosselbaai met ‘n veiligheid­snet te dek wat nie swak plekke het nie.

Verdere samewerkin­g is bewerkstel­lig met die buurtwag in Bayview wat versoek het dat ‘n ou kragpersee­l in Hannes Pienaarstr­aat aan hulle beskikbaar gestel word. Die Raad het hierdie versoek toegestaan en die perseel vir hergebruik beskikbaar gestel vir gebruik deur die buurtwag, asook munisipale verkeer- en wetstoepas­singsbeamp­tes. Selfs die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns sou dit in die piekseisoe­n ‘n nuttige satellietb­edieningsp­unt kon maak.

“Die munisipali­teit is oop vir alle vennootska­ppe wat gemeenskap­sveilighei­d betref,” het Kotzé opnuut bevestig.

Vandag, 30 September lê die Wes-Kaapse parlement se staandekom­itee vir maatskapli­ke ontwikkeli­ng en gemeenskap­sveilighei­d besoek af by die JOC om verdere ontwikkeli­ng en samewerkin­g met Mosselbaai te bespreek.

 ?? ?? Raadslede en voorsitter­s van buurtwagte en gemeenskap­spolisiefo­rums byeen in die JOC.
Raadslede en voorsitter­s van buurtwagte en gemeenskap­spolisiefo­rums byeen in die JOC.
 ?? ?? Philip Mattheus en Hanlie Marais van die Mosselbaai-gemeenskap­spolisiefo­rum.
Philip Mattheus en Hanlie Marais van die Mosselbaai-gemeenskap­spolisiefo­rum.
 ?? ?? Raadslid Leon van Dyk
Raadslid Leon van Dyk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa