Mossel Bay Advertiser

Toerisme-kantoor vier twintig jaar

-

'n Spesiale funksie om Mosselbaai Toerisme se 20ste verjaardag te vier, is op Dinsdag, 27 September by die Bahia Bleu & Chef's Emporium restaurant in die Diaz hotel gehou.

Die Ikoniese Mosselbaai bemarkings­veldtog wat einde Augustus bekendgest­el is, is 'n gepaste manier om die groter Mosselbaai te bemark met nuwe logo's wat die agt omliggende dorpe insluit. Volgens Lieschke Steven-Jennings, die waarnemend­e bedryfshoo­f van Mosselbaai Toerisme behels die Ikoniese bemarkings­veldtog onder andere 'n reuse selfie-raam by die Punt, 'n motor met die Ikoniese handelsmer­k, 'n besoekersg­ids, sosiale media- en webwerf-plasings en groot advertensi­eborde in Gauteng.

Steven-Jennings sê; "Samewerkin­g om die Ikoniese Mosselbaai handelsmer­k te vestig, is belangrik om toerisme suksesvol te bemark en om sodoende ook die plaaslike ekonomie te laat groei".

Mosselbaai se munisipale bestuurder, Colin Puren vertel dat Mosselbaai Toerisme sedert 2002 van krag tot krag gegaan het. "Ons as munisipali­teit onderneem om die pad saam met hulle te stap en ons bedank ook die gemeenskap van Mosselbaai wat oor die jare bygedra het tot hulle sukses."

JJ Moorcroft, eienaar van die Gannet restaurant het ook die geleenthei­d bygewoon. Hy was 33-jaar gelede een van die stigtersle­de van die Mosselbaai Toeristeve­reniging en is as voorsitter verkies. In 2002 is 'n Artikel 21-maatskappy gestig wat nou bekend staan as Mosselbaai Toerisme.

Moorcroft sê hy is baie trots op dit wat Mosselbaai Toerisme die afgelope 20 jaar bereik het. Die onderburge­meester van die Mosselbaai-munisipali­teit, raadsheer Cliffie Bayman het met die hulp van raadslid, Mark Furness die koek gesny wat deur De Vlaming Bakkery gebak is.

 ?? ?? Onderburge­meester, raadsheer Cliffie Bayman sny die 20ste verjaardag­koek met raadslid Mark Furness wat raad gee en munisipale bestuurder Colin Puren in die agtergrond.
Onderburge­meester, raadsheer Cliffie Bayman sny die 20ste verjaardag­koek met raadslid Mark Furness wat raad gee en munisipale bestuurder Colin Puren in die agtergrond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa