Mossel Bay Advertiser

Stoomtrein-koning kry Amanda reisgereed

- Alet Engelbrech­t

Coen Pretorius (74) is reeds vir 13 jaar afgetree, maar die gewese stoomtrein­drywer gebruik nog daagliks sy kennis om stoomtrein­e en nuwe sneltreine reisgereed te maak en veilig te hou. Coen het in 1966 op 16-jarige ouderdom as 'n stoker begin werk. Hy het homself oor die jare opgewerk in die spoorweë en hom bekwaam as drywer, inspekteur, hoofinspek­teur en assessor van ketelveili­gheid en stoomtrein­drywer-veiligheid.

Mossel Bay Advertiser het met Coen by die Hartenbos-stasie gesels, waar hy help met die opleiding van oud-Spoornet drywers om die stoomtrein Amanda moontlik weer binnekort tussen Hartenbos en George te laat voortstoom. Pretorius is ook betrokke met opleiding en assesserin­g van stoomtrein­drywers by Port Elizabeth, Ceres Rail in Kaapstad, Wonder Steam Trains in Pretoria, Creighton in Natal, Umgeni Steam in Natal en Sandstone Heritage in Ficksburg.

Hy toets ook die vaardighed­e van die bekende Rovos Rail se stoomtrein­drywers. Met sy aftrede het hy 'n besigheid begin waar hy sy uitgebreid­e kennis van treine gebruik. By die groot treindepot by Dunnottar aan die Oosrand is Metro-Prasa besig met die bou van 665 nuwe elektriese treine. Volgens Pretorius is die werk aan 214 van die treine deur 'n Brasiliaan­se maatskappy reeds voltooi.

Sy werk is om seker te maak dat die lokomotiew­e aan al die vereistes voldoen om op die toetslyn binne 60-meter te stop. Gesels jy met Coen kan jy nie anders as om sy passie vir stoomtrein­e te beleef nie. Hy is een van die gelukkiges wie se werk ook sy passie en stokperdji­e is. Soos hy sê, "stoom bly in jou bloed".

 ?? ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
 ?? ?? Drie stoomlokom­otiewe op die Magaliesbu­rglyn vir ‘n buitelands­e fotosessie.
INLAS: Coen Pretorius is ‘n stoomtrein­deskundige wat regoor die land stoomtrein­drywers oplei en seker maak stoomtrein­e is ketel- en stoomveili­g.
Drie stoomlokom­otiewe op die Magaliesbu­rglyn vir ‘n buitelands­e fotosessie. INLAS: Coen Pretorius is ‘n stoomtrein­deskundige wat regoor die land stoomtrein­drywers oplei en seker maak stoomtrein­e is ketel- en stoomveili­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa