Mossel Bay Advertiser

Plaaslike skilder stel sy skilderye ten toon

- Jannie du Plessis

Cobus Lombard, 'n plaaslike waterverfk­unstenaar van formaat stal eersdaags van sy unieke waterverf-skilderye tydens die Somer Kunsskou by die Picasso’s Kunsgalery in Mosselbaai uit.

Lombard is ‘n afgetrede profession­ele landmeter wat vir 35 jaar in Brits en Hartbeespo­ort suksesvol gepraktise­er het.

‘n Ander groot liefde van Lombard is Arabier-perde. As stokperdji­e het hy vir baie jare gepoog om mooi suiwer Arabier-perde te teel. Hy het dan ook sy eie perde afgerig en intensief kompeteren­d deelgeneem aan Arabier-perdeskoue op verskeie plekke in die land. Arabier-perde is in baie van sy sketse en waterverf-skilderye te sien.

Hy is ook versot op Mosselbaai en op veral die pragtige ou sandsteeng­eboue in Mosselbaai. Hy hou ook daarvan om die bekende mooi sandsteeng­eboue en ligtorings te skilder.

Nog iets wat Lombard inspireer, is die mooi karaktervo­lle gesigte van die volstruise wat op die plase naby Mosselbaai te sien is. Vroeër vanjaar het hy besluit om tonele van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne te skilder wat nogal interessan­te effekte gehad het. Daar is heelwat van die oorlogston­ele op die uitstallin­g te sien.

Mosselbaai­ers

Lombard het 30 jaar gelede ‘n klein houthuisie op die rand van die see in Danabaai gekoop waarin hulle al die jare heerlik vakansie gehou het. Hulle is nou al vir ongeveer vier jaar permanente inwoners hier in Mosselbaai. Cobus se vrou Petro het ook verlief geraak op ‘n pragtige ou sandsteen dubbel-verdieping woning in Montagustr­aat in die ou dorp wat sy bekom het. Die egpaar geniet die rustige atmosfeer in die ou dorp met die asemrowend­e uitsig op die hawe.

Lombard se uitstallin­g vind by die Picasso’s Kunsgalery by die Blue Shed Koffie Roostery in Blandstraa­t 33, Mosselbaai plaas. Sy skilderye is vanaf Maandag, 3 Oktober te sien. Die amptelike opening van die uitstallin­g sal op Maandag, 10 Oktober om 10:00 plaasvind.

 ?? ?? Een van Cobus Lombard se plaaslike skeppings wat vanaf 3 Oktober by die Blue Shed uitgestal word. INLAS: Plaaslike waterverf kunstenaar, Cobus Lombard.
Een van Cobus Lombard se plaaslike skeppings wat vanaf 3 Oktober by die Blue Shed uitgestal word. INLAS: Plaaslike waterverf kunstenaar, Cobus Lombard.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa