Mossel Bay Advertiser

Buig die boompie

-

Die Laerskool Denneprag is in ‘n prentjiemo­oi omgewing in Ruiterbos geleë maar die lewe van 60 kinders wat hier van ‘n voedingspr­opgram by die skool afhanklik is om ‘n voedsame maaltyd in te kry, se lewe is allermins ‘n sprokiesve­rhaal. Die skool het ‘n groentetui­n wat tans die voedingske­ma ondersteun maar vanweë finansiële druk, het die skool hulp nodig. Ruiterbos het 750 inwoners waarvan 200 kinders is. Armoede is ‘n werklikhei­d en die skool se tuin kan daarom ‘n bydrae lewer om nog mense in die gemeenskap te voed.

Die Mosselbaai-munisipali­teit het met DROPS (Direct Relief of Poverty and Sickness) gesels oor samewerkin­g in onder meer landelike gebiede. DROPS is ‘n nieregerin­gsorganisa­sie wat op besparing fokus en hoe om voorheen agtergeble­we landelike gemeenskap­pe se lewenskwal­iteit te verbeter.

DROPS het verlede week, 22 September ‘n 5 000 liter watertenk, kunsmis, saad, saailinge en ook ‘n groot hoeveelhei­d tuinmaakto­erusting aan die skool geskenk.

Die Mosselbaai-munisipali­teit ag die ontwikkeli­ng van kinders as ‘n kernpriori­teit en glo dat hierdie projek kan bydra tot die kinders se groei en ontwikkeli­ng ten einde hulle staatmaker­lede van hulle gemeenskap­pe te maak.

Die onderburge­meester, raadsheer Cliffie Bayman, wat ‘n besonderse sagte plek vir landelike gemeenskap­pe het, het die oorhandigi­ng bygewoon en die jongspan sterkte toegewens met hulle projek. Hy het ook sy opregte dank uitgespree­k teenoor DROPS vir hulle belegging in die verbeterin­g van die mense in die Ruiterbos-gemeenskap se lewenskwal­iteit.

Hierdie projek dra ook by tot die Mosselbaai-munisipali­teit se strategie om ‘n groener en gesonder omgewing vir alle inwoners te help skep.

 ?? ?? Amptenare van die Mosselbaai-munisipali­teit saam met die skoolhoof van Denneprag-laerskool. Van links is, Haylene Claassen, Logan Duthie, raadsheer Cliffie Bayman, Leiticia October (skoolhoof), Joseph Johnston, waarnemend­e direkteur van gemeenskap­sveilighei­d en Rochelle Roelfse.
Amptenare van die Mosselbaai-munisipali­teit saam met die skoolhoof van Denneprag-laerskool. Van links is, Haylene Claassen, Logan Duthie, raadsheer Cliffie Bayman, Leiticia October (skoolhoof), Joseph Johnston, waarnemend­e direkteur van gemeenskap­sveilighei­d en Rochelle Roelfse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa