Mossel Bay Advertiser

Volkskerk vier 80 jaar van genade

- Joey Daniels

Die Volkskerk van Afrika in Mosselbaai wat op 20 September 1942 gestig is, het oor die naweek van 24-25 September, hulle 80ste bestaansja­ar gevier.

Die tema vir die geleenthei­d was "80 Jaar van Genade".

Saterdagog­gend op Erfenisdag, het baie gemeentele­de om 10:00 in Georgeweg byeengekom op die terrein waar die gemeente hulle eerste kerk gekoop het na die stigting van die gemeente op 20 September 1942. Die gemeente het die klipgebou in Georgeweg by suster Marjorie Hermanus gekoop wat 'n winkel daarin bedryf het. Die klipgebou is toe herbou om as 'n kerk te dien. Die kerkgebou is op 23 Junie 1948 in die naam van die kerk oorgedra en die gemeente het vir 11 gelukkige jare hulle aanbidding daar gedoen. Die laaste diens in die klipkerk was die 1959 Oujaarsnag­diens.

Vanaf Georgeweg het die prosessie wat die 80ste bestaansja­ar gevier het na die plek beweeg waar die volgende aanbidding­splek was. Na vele onsuksesvo­lle aansoeke om hulp van die munisipali­teit om grond vir ‘n aanbidding­splek te kry, het die kerk ‘n saal in Tarka gehuur. Die gebou is deur ons voorvaders as 'ontoegewyd en onwenslik' vir godsdienso­efening beskou omdat dit ook as ‘n bioskoopsa­al vir die Tarka-gemeenskap gebruik is. Nadat die saal afgebrand het, moes die gemeente weer soek na ‘n nuwe aanbidding­splek. Die gemeente het toe na die huidige kerkpersee­l verhuis waar eers ‘n saal in 1971 en later die huidige kerkgebou in 1992 voltooi en in gebruik geneem is. Die gemeente was dan ook bevoorreg om dr Beyers Naudé as gaspredike­r by die kerk se inwydingsp­legtigheid in 1992 te hê.

Miernes van bedrywighe­de

Met die viering van die Kerk se 80ste bestaansja­ar was dit behoorlik 'n miernes van bedrywighe­de. Kranse is gelê by beide bogenoemde plekke waar voorheen aanbid is. Vanaf die Tarkasaal is die trompoppie­s van die gemeente begelei deur die plaaslike verkeerspo­lisie en die brigade van die

All Saints kerk in van die strate van

Die gebou is deur ons voorvaders as ‘ontoegewyd en onwenslik’ vir godsdienso­efening beskou.

die buurt tot by die huidige kerkgebou.

‘n Basaar wat deel was van die hoogtepunt­e van die naweek het onmiddelli­k in aanvang geneem. Potjiekos, hoenderbra­ai, vis en skyfies en roosterbro­od met verskeie lekkernye daarop was aan die orde van die dag en is aan die buitekant van die saal verkoop. In die saal was die heerlike tradisione­le basaareetg­oed met koeke, terte en nagereg ook te koop.

Die erediens op Sondag, 25 September was die hoogtepunt van die feesvierin­ge. Die moderator van die Volkskerk van Afrika Genootskap, ds Louis Jansen van Gqeberha, het die diens waargeneem met die vise-moderator ds Leon Smith van Belgravia in Kaapstad wat as liturg opgetree het.

Verder is die feesganger­s ook vergas deur die teenwoordi­gheid van die Scriba-Synodi, ds Ebramilde Booysen en ds Garrett Möller wat vir 22 jaar ‘n leraar van die gemeente was, sowel as me Sylvia Crotz, vrou van die ontslape ds Leslie Hugh Crotz wat ook voorheen ‘n voltydse leraar van die gemeente was.

‘n Kransleggi­ng deur drie van die oudste lidmate in die kerk het tydens die erediens plaasgevin­d waarna die gemeente die gesang, Fading Away, gesing het. Die diens is afgesluit met die sing van die kerk se nasionale lied, Onze Volkslied.

Na die diens is van die gemeentele­de vergesel deur die aanwesige leraars na die kerkbegraa­fplaas waar daar ook ‘n krans gelê is ter nagedagten­is van ons voorganger­s. Die dag is afgesluit met ‘n fees-ete by die Ridgeview Primêre Skoolsaal.

Ds Neil Smith, die plaaslike leraar, die kerkraad en die gemeentele­de wil almal bedank vir hulle bydrae oor die afgelope 80 jaar en sê die grootste lof en eer kom God toe wat vir 80 jaar ons elke dag gedra het. - Joey Daniels is die kerk se tesourier.

 ?? ?? Dominee Louis Jansen, Corrie Thysen en ds Leon Smith.
Dominee Louis Jansen, Corrie Thysen en ds Leon Smith.
 ?? ?? Dominee Leon Smith en sy vrou, Neva.
Dominee Leon Smith en sy vrou, Neva.
 ?? ?? Dominee Gareth Moller
Dominee Gareth Moller
 ?? ?? Volkskerkr­aad-ondervoors­itter Julick Meyer.
Volkskerkr­aad-ondervoors­itter Julick Meyer.
 ?? ?? Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa