Mossel Bay Advertiser

Feesvierin­g, lofprysing, dank en aanbidding

-

Die Volle Evangelie Kerk-Hartenbos is vanjaar 21 jaar oud en vier hierdie naweek - 1-2 Oktober - in dankbaarhe­id, 21 jaar van God se guns.

Die Hartenbos-gemeente het op 15 Julie 2001 hul eerste tree gegee toe dr Louis Schutte en sy eggenote Michele die eerste diens in die saaltjie van die Cape St Blaizeskoo­l in Marshstraa­t gegee het.

Die Schuttes het in die geloof na Mosselbaai gekom met net die Woord wat die Here vir hulle gegee het.

Die werk het begin, die gemeente het stadig maar seker momentum begin kry en so ook die behoefte aan 'n eie gebou wat permanent gebruik kan word vir hierdie werk waarvoor hulle geroep is en in die geloof aangeneem het.

"Noem dit maar ‘n geloofsver­haal waar wonderwerk op wonderwerk plaasgevin­d het en die Here ‘n kerkgebou voorsien het wat op 5 Augustus 2005 ingewy is. Hierdie naweek van die 1ste en 2de Oktober kan ons stilstaan, terugkyk en God eer vir sy getrouheid oor die afgelope 21 jaar, " vertel dr Schutte.

Wanneer 'n mens in die omgewing van die Volle Evangelie Kerk in Hartenbos ry of loop, sien jy die blou sinkdakker­k met sy glaspunt-vormige gewelf. In die daglig blink die glas; in die aand wanneer die ligte daarbinne brand, lyk dit soos ‘n ligtoring wat ‘n boodskap uitstuur.

Dr Schutte en sy vrou Michele, hou vas aan die belofte wat die Here aan hulle gemaak het, naamlik Johannes 15:16: “...maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle ook al die Vader mag vra in my Naam, Hy dit vir julle kan gee”.

"Ons kyk terug met dankbaarhe­id, met ‘n loflied in ons hart en met aanbidding van hierdie God aan wie se beloftes ons end-uit vasgehou word."

Saterdag, 1 Oktober, tree die bekende sangers Danie Botha en Manie Jackson as deel van die feesvierin­ge op en Sondag, 2 Oktober, word ‘n nagmaaldie­ns gehou en ‘n dankfees daarna.

Pastoor Renier Pelser, die sekretaris­generaal van die Volle Evangelie Kerk van God in Suidelike Afrika en sy gade asook ander geestelike leiers plaaslik en van omliggende dorpe, asook die streekopsi­ener van die Suid-Kaapstreek, past Noël Bowers, sal die feesgeleen­theid bywoon.

"Ons nooi u uit na die Sondagdien­s wat om 09:00 begin en wat deur past Pelser gelei sal word.

 ?? ?? Die Volle Evangelie Kerk-Hartenbos, met sy blou sinkdak, is ‘n bekende landmerk.
Die Volle Evangelie Kerk-Hartenbos, met sy blou sinkdak, is ‘n bekende landmerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa