Mossel Bay Advertiser

Ikoniese Mosselbaai

-

'n Familielid van my was onlangs hier om sake uit te kyk voor hulle vanaf Pretoria hierneen wil verhuis. Na 18 maande in die Suid-Kaap, was ek voorbereid om hom te oortuig om maar eerder nie te kom nie. Hier is nie werksgelee­nthede vir inkommers nie en as jy wel gelukkig is om iets te kry, is dit nie so dat jy daarmee kan oorleef nie. Waar huispryse in die res van die land daal weens die wêreldwye ekonomiese resessie, het grond- en huispryse in die groter Mosselbaai met 60% toegeneem.

Mense word nou gedwing om te huur en hier lyk die prentjie nog meer droewig met dit wat jy kan bekostig en dit wat jy kry. Daar word ook bykans nêrens 'n troeteldie­r toegelaat nie. Voeg hierby die hemelhoë brandstofp­ryse, kruidenier­sware en kospryse en dit raak amper beter om in die bed tuis te bly, dis nou as jy een het.

Ons stap na sy motor toe en hy sê: "Luister hoe stil is dit hier". Ek vertel hom hoe ons by ons vorige huis konstant die see se gedruis kon hoor maar hier net so af en toe en dikwels ook die verkeer op die N2. En ek besef hoe vinnig 'n mens gewoond raak aan die lekkerte hier. Hoe ons op pad na die plaaslike supermark gou by die see kan gaan sit en na die fees van walvisse kyk.

Toe ek vroeg verlede jaar hier aangekom het en van Voorbaai na Die Punt toe ry, met die pragtige oseaan links van my, het ek die aankomende verkeer se bestuurder­s dopgehou en nie 'n enkele een het na die see gekyk nie. Ek was verstom. Nou nog bly dit een van die lekkerste dinge om met die see neffens my werk toe te ry.

Maar dit bly 'n geweldige aanpassing om van 'n seevakansi­e een keer 'n jaar na die Suid-Kaap, as jou permanente woonen werkplek, te skuif. Hier is ook baie swaarkry en Mosselbaai is beslis nie meer nét 'n vakansiedo­rp nie.

Hier is ook baie werkloses, baie armoede, ook moord en roof en mense wat in of op die see sterf. 'n Week gelede was daar 'n poging om by die huis wat ek huur, in te breek. Petty crime noem ons dit, maar wat sou gebeur het as die persoon in die huis ingekom het? Ek bel 'n kollega met kontakte by die polisie en sy sê ek moet dit beslis aanmeld.

Ek skakel die Groot-Brakrivier­polisiesta­sie om uit te vind of ek 'n saak moet kom maak. Die foon word binne sekondes geantwoord. Nee, sê hulle maar hulle stuur tog 'n polisievoe­rtuig uit. Só net na 19:00 daag die twee manne op. Vriendelik, bekyk alles en gee raad oor wat ek moet doen om veiliger te wees. Hulle verseker my ek kan hulle enige tyd deur die nag op die sektornomm­er skakel as ek weer 'n geluid hoor. Wat my die meeste beïndruk het, was die manne se netjiese uniforms en die blink gepoetste skoene wat ek jare gelede laas aan 'n polisielid gesien het.

En ja, dit is die lekkerte van hier in die Suid-Kaap bly. Met 'n burgemeest­er wat saam met ons braaibrood­jies maak en lekker gesels oor alles en nog wat. 'n Munisipali­teit waar die proses om aansoek te doen vir 'n nuwe lisensie vir jou motor, minder as 10-minute neem. Met 'n polisiedie­ns wat hul bes doen, ondanks baie uitdagings. Ikoniese Mosselbaai, is ook nou my plek.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa