Mossel Bay Advertiser

Outeniqua rolstoelwe­dloop verwelkom sterre in hul midde

-

Die 19de OCC – 'n rolstoelwe­dloop uitsluitli­k vir gestremdes, wat atlete vanaf nege provinsies en van lande regoor die kontinent verwelkom – vind op Saterdag, 15 Oktober by Carpe Diem-skool in George plaas.

Na ‘n lang onderbreki­ng wat deur Covid-19 veroorsaak is, is die dorp in rep en roer om die sterre van ‘rystoelwed­renne' weereens in hul midde te verwelkom. Terugkeren­de aanspraakm­akers op top podium-posisies sluit in Justine Asher, Pieter du Preez en Stuart McCreadie.

Net so noemenswaa­rdig is ‘n jongeling wat beslis geen OCC-vreemdelin­g is nie. Toe hy teen sewejarige ouderdom vir die eerste keer die resiestone­el betree het, is Zach Legward beskou as Afrika se jongste handfietsr­yer en hy het reeds vyf OCC goue medaljes op sy kerfstok.

Hy het die Cape Town Cycle Tour se Junior-roete voltooi en het ‘n plek in die rekordboek­e losgeslaan vir sy deelname aan die 50km Momentum Knysna-fietstoer in 2018. Zach het ook aan die 94.7-wedren deelgeneem en met spesiale vergunning 50km van die roete afgelê.

Toe daar die laaste keer oor hierdie mededingen­de jongman se prestasies gerapporte­er is, het die pandemie nog nie die planeet op sy kop gedraai nie. Die Legwards het in Kaapstad gewoon en Zach het pas 12 jaar oud geword.

Toe daar verlede week met pa Geoff Legward gepraat is, was daar duidelik tonne water onder die brug deur sedert Zach se laaste mededingen­de besoek aan die strate van George. Die Legwards het intussen na Pretoria verhuis waar die 15-jarige Zach dit geniet om die New Hope-skool by te woon.

Hy het ook ‘n omvangryke, vyf uur-lange operasie verduur, waarna hy ongeveer 90 dae in die hospitaal deurgebrin­g het. Zach is gebore met Gastroskis­is – ‘n toestand waar die ingewande buite ‘n baba se liggaam ontwikkel. Korrektiew­e chirurgie kort ná geboorte het tot komplikasi­es gelei wat sy onderlyf verlam gelaat het.

“Hierdie keer moes Zach se hele maag herbou word. Toe ons by die Rooi Kruis Kinderhosp­itaal aankom, is daar vir my gesê dat hy net ‘n 30%-kans op oorlewing het. Maar ek het hom op 25 Maart 2020 teruggekry – en ons kyk van toe af nét vorentoe!”

Geoff sê voor die operasie het enigiets wat Zach geëet het eenvoudig vasgesteek wat geweldige pyn veroorsaak het. Deesdae eet hy net wat hy wil en neem geen medikasie of selfs aanvulling­s nie. Hy maak gereed vir die OCC op 15 Oktober en wil dan sy pad oopren na Knysna en uiteindeli­k weer Kaap se kant toe.

Ter voorbereid­ing vir die OCC 2022 behels Zach se oefenprogr­am dat hy elke tweede aand ‘n 45-minute sessie op die ‘roller’ inwerk – dit is ‘n binnenshui­se apparaat waarvan die moeilikhei­dsgraad verstel kan word om meer weerstand te bewerkstel­lig. Oor naweke is dit ooppad toe en doen hy oefenrondt­es van 25-30km per oefenrit.

Geoff bedank borg Master Power Technologi­es se uitvoerend­e hoof, Menno Parsons vir sy ondersteun­ing, en vir Zach se afrigter, Johan van Rensburg wat ook as lugverkeer­beheerder by OR Tambo Internasio­naal werk. “Johan is ’n rolmodel vir my seun.”

Zach wil dieselfde loopbaan volg en geniet dit al vir jare om modelvlieg­tuie en helikopter­s deur die lug te laat sweef. ‘n Onlangse hoogtepunt was om in ‘n Bell 222 Helikopter-simulator te vlieg. Hy is ook 'n goeie skut en Geoff sê sy seun het nie een nie maar twee nooiens op die oomblik. “Zach verduideli­k hy verkies om sy opsies oop te hou...”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa