Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai se medici die wenners op Erfenisdag

- Gholfer

Die baniere van Denzil Kleu Eiendomme het Woensdag, 21 September weer hoog gewapper toe 144 entoesiast­ies gholfspele­rs vir die individuel­e Stableford­kompetisie by die Mosselbaai-gholfbaan opgedaag het. Goeie tellings word deesdae aangeteken en George Ferns (voorgee 16) se 42 punte was genoeg om die wenstreep eerste oor te steek.

Jarno Loubser het vanaf ‘n voorgee van 6 die pap dik aangemaak en sy 40 punte het hom as naaswenner laat eindig. Drie spelers het op 39 punte om die oorblywend­e pryse baklei, maar na die uittel-proses afgehandel is, het Frans Smith (3de), Erick Barkhuizen (4de) en Wessel van Wyk (5de) geëindig. Dankie aan die Denzil Kleu Eiendommes­pan wat elke maand so puik hulle dag aanbied!

Saterdag

Jy kon Saterdagog­gend, 24 September behoorlik die opgewonden­heid voel bruis onder die 160 spelers wat aan die beterbal stableford­kompetisie deelgeneem het. Die geure van braaivleis en die spitbraai wat reeds van vroeg-af aan die gang was, het gehelp om ‘n feestelike en opgewonde gees by die klub te skep. Alles was in voorbereid­ing vir die kragmeting tussen die Springbokk­e en Argentinië wat om vyfuur sou afskop.

Die medici, Alwo Dercksen en Gys Wilson, se diagnose en beplanning op die baan was in die kol en op 49 punte is hulle as die dag se wenners gekroon. Arie Kadé en Sarel Jansen van Vuuren het tot die laaste putjie hulle bes gedoen, maar op 47 punte het hulle in die tweede plek ingeskuif. David Bourhill en Nick van Noordwyk (46 punte) het na die uittel in die derde plek ingeskuif met oudpreside­nt, Paul Brits en Albie Ellman in die vierde plek. Gielie Gagiano en Bart Saayman (45 punte) het in die vyfde plek geëindig en kon Erfenisdag gaan afsluit met ‘n heerlike braaipak.

 ?? ?? Michael Shepperd (Denzil Kleu Eiendomme) en Michal Rehr (klubkaptei­n) saam met die wenners van Woensdag se borgdag, Erick Barkhuizen, Frans Smith, Wynand Stander en Wessel van Wyk.
Michael Shepperd (Denzil Kleu Eiendomme) en Michal Rehr (klubkaptei­n) saam met die wenners van Woensdag se borgdag, Erick Barkhuizen, Frans Smith, Wynand Stander en Wessel van Wyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa