Mossel Bay Advertiser

Nog poskantore sluit

- Louise Karsten

Die poskantore op Hartenbos én Klein-Brakrivier is die afgelope naweek gesluit. Volgens die Suid-Afrikaanse Poskantoor

(Sapo) is hulle al 'n geruime tyd finansieel in die knyp en kon nie die agterstall­ige huur betaal nie.

Na wat verneem word, het Sapo die eienaar van die perseel by Hartenbos meer as R370 000 geskuld en hoewel die rekening intussen betaal is, is die herstelkos­te om die posbusse uit te haal en 'n maand se huur steeds agterstall­ig.

Die eienaar van die Hartenbosp­erseel wat nie sy naam genoem wil hê nie en op Mosselbaai woonagtig is, het aan Mossel Bay Advertiser gesê die poskantoor se kontrak het in Maart reeds verval. "Ons het gesê ons gaan nie die kontrak hernu indien die agterstall­ige huur nie vereffen word nie. Die poskantoor het daarna self kennis gegee dat hulle nie ons perseel verder gaan gebruik nie."

Inwoners geraak

Die eienaar sê hulle het op Vrydag, 30 September die sleutels van die gebou ontvang. Intussen sit inwoners van die omgewing met hulle hande in hul hare weens die skielike sluiting.

Die Advertiser het die afgelope week die poskantoor by Hartenbos besoek en talle inwoners wat onbewus van die huidige stand van sake was, wou hulle pos uithaal, maar het aan dooiemansd­eur geklop. Hartenbos se poskantoor­verbruiker­s is intussen na Mosselbaai se poskantoor verwys.

Inwoners van die Hartenbos Versorging­soord het aan die Advertiser gesê Hartenbos het talle bejaarde inwoners waarvan baie nie rekenaar-geletterd is nie. "Die poskantoor was ons enigste toevlug tot onafhankli­kheid en om ons besigheid self te doen." Nog 'n inwoner het gesê dit was maklik en vinnig om na die poskantoor te stap.

Sommige inwoners het hul poskantoor­fooie vir die huur van posbusse, vooruit betaal.

Klein Brak

Op Woensdag, 5 Oktober was die poskantoor by KleinBrakr­ivier met die Advertiser se besoek gesluit. Alhoewel baie poskantore in Suid-Afrika se instapdien­s reeds vroeër weens die krisis gesluit het, het die posbusse behoue gebly.

'n Kennisgewi­ng wat teen die deur by die Klein Brak-perseel opgeplak is, sê die poskantoor is tydelik gesluit weens agterstall­ige huur.

Die Advertiser het onlangs berig oor die sluiting van die poskantoor by Danabaai nadat Sapo se uitvoerend­e hoof, Nomkhitha Mona, aangekondi­g het dat meer as 130 takke landswyd gaan sluit omdat baie van die poskantore op kleiner dorpe en in woongebied­e teen 'n verlies bedryf is.

 ?? ?? Die poskantore by Hartenbos en Klein-Brakrivier is die afgelope week gesluit.
Die poskantore by Hartenbos en Klein-Brakrivier is die afgelope week gesluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa