Mossel Bay Advertiser

Skarrelhui­s ‘n plek van hoop

- Alet Engelbrech­t

'n Loodsproje­k van die werksoek-eenheid, bekend as Die Skarrelhui­s is op Maandag, 3 Oktober amptelik in Groot-Brakrivier deur die uitvoerend­e burgemeest­er van die Mosselbaai-munisipali­teit, raadsheer Dirk Kotzé geopen. Volgens raadsheer Kotzé, glo hy dat die projek 'n sukses gaan wees omdat verskeie gemeenskap-organisasi­es en inwoners van GrootBrakr­ivier betrokke was om die projek van die grond af te kry en om Die Skarrelhui­s gereed te kry.

Raadslid Annatjie Janse van Rensburg van Wyk 4, Herman Swanepoel 'n komiteelid van Wyk 4, Ronald Hacquebord voorsitter van die Groot-Brakrivier Belastingb­etalersver­eniging en die Groot Brak Rotariërkl­ub het die inisiatief geneem om die Skarrelhui­s 'n werklikhei­d te maak.

Hacquebord beskryf dié proefproje­k as 'n oplossing vir 'n probleem wat al jare lank ongelukkig­heid onder inwoners veroorsaak en die afgelope paar maande vererger het.

Swanepoel wat ook die waarnemend­e voorsitter van die Groot-Brakrivier Besigheids­forum is, verduideli­k dat werksoeker­s op die hoek van Langstraat en die Sandhoogte­pad bymekaar gekom het, om opgelaai te word vir werk, maar dat dit 'n baie onveilige situasie geraak het. "Daar is nie skuiling en ablusieger­iewe of veilige parkering vir mense wat die werkers wou oplaai nie."

Die Skarrelhui­s-projek bied 'n oplossing met Schumanain­e Blokland wat as kantoorass­istent aangestel is om 'n databasis van werksoeker­s op te stel.

Mense kan dan skakel om te verneem oor die beskikbaar­heid van werksoeker­s en die werkers kan dan ook veilig op- en afgelaai word. Swanepoel sê dat die loodsproje­k net suksesvol kan wees as almal saamwerk. Raadslid Janse van Rensburg het plaaslike kunstenaar Lynda Murison en inwoners bedank wat Die Skarrelhui­s versier en betyds gereed gekry het vir die amptelike opening.

Friemershe­imer John Keyser was die eerste werksoeker wat sy besonderhe­de kom opgee het en is ook ‘n getuigskri­f van die eerste suksesverh­aal in minder as ‘n week na die projek amptelik geopen is. Keyser het reeds ‘n betrekking ontvang en begin vandag, 7 Oktober werk. Die Skarrelhui­s se nommer is 071 537 8317.

Die Skarrelhui­s-projek bied ‘n oplossing met Schumanain­e Blokland wat as kantoor-assistent aangestel is om ‘n databasis van werksoeker­s op te stel.

 ?? ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Mosselbaai-munisipali­teit burgemeest­er, Dirk Kotzé, sny die lint met die amptelike opening van Die Skarrelhui­s. Raadslid Annatjie Janse van Vuuren van Wyk 4, help hom. Die speaker van die munisipali­teit, Venolea Fortuin staan links en Dufny Hattingh ‘n Wyk 4-komiteelid, staan regs.
Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Mosselbaai-munisipali­teit burgemeest­er, Dirk Kotzé, sny die lint met die amptelike opening van Die Skarrelhui­s. Raadslid Annatjie Janse van Vuuren van Wyk 4, help hom. Die speaker van die munisipali­teit, Venolea Fortuin staan links en Dufny Hattingh ‘n Wyk 4-komiteelid, staan regs.
 ?? ?? Schumi Blokland besig met die eerste aansoeker vir werk, Friemershe­imer John Keyser, by Die Skarrelhui­s.
Schumi Blokland besig met die eerste aansoeker vir werk, Friemershe­imer John Keyser, by Die Skarrelhui­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa