Mossel Bay Advertiser

Landbouwer­kers kry toekenning­s

- Alet Engelbrech­t

Die Tuinroete se streekwenn­ers van die Departemen­t van Landbou in die Wes-Kaap se Prestige Landbou-toekenning­s is Dinsdagaan­d, 4 Oktober, tydens 'n gala-geleenthei­d in Mosselbaai bekend gemaak.

Volgens die gemeenskap­sontwikkel­aar van die Wes-Kaap departemen­t van landbou, Evon Mayekiso, het daar hierdie jaar 15 landbou-distrikte deelgeneem met 1443 deelnemers. Die kompetisie behels 11 kategorieë waarin landbouwer­kers uit plase in die streek benoem word.

Al die landbouwer­kers wat deelgeneem het, het tydens die toekenning­saand sertifikat­e ontvang.

Die algehele wenners vir die plaas wat die beste presteer het, is die plaas Prospect Heights Community Farms (PHC) Brandwag.

Die landbouwer­ker met die meeste potensiaal, is Davidene

Erasmus van Van Greunens-plaas.

Die wenner van die landbouwer­ker vir 2022-toekenning in die Tuinroete-streek, is Sithembiso Shange van die plaas PHC Groeneweid­e.

Pryse

Mosselbaai-munisipali­teit se burgemeest­er, raadsheer

Dirk Kotzé, het die toekenning­saand bygewoon en van die pryse uitgedeel. Hy het beklemtoon dat landbou sekere vaardighed­e en kennis vereis en dat dit 'n gerespekte­erde beroep is wat kos voorsien aan die land. "Volgens ons voortuitsi­gte, gaan sowat 1.4 miljoen mense hulle in die volgende agt tot 10 jaar in die Tuinroete-distrik vestig, wat beteken dat voedselpro­duksie gaan verhoog en sodoende baie werkgeleen­thede in die landbou meebring."

Ben Booysen, landbou-raadgewer van die Wes-Kaap se departemen­t van landbou, het van sy lang pad as landbouwer­ker vertel en hoe hy homself opgewerk het tot waar hy nou is. Hy het die landbouwer­kers aangemoedi­g om trots te wees op die ondervindi­ng en kennis wat hulle het en om nooit op te hou leer nie. "Gryp hierdie geleenthed­e aan om iets van jouself te maak", was sy boodskap.

Spanpoging

Volgens James Robertson van Rooiheuwel Farms in Klein Brak is die grootste uitdaging wie om te nomineer, want om te boer is ook 'n spanpoging. "Dit bied egter erkenning vir goeie werk en motiveer die ander werkers om harder te werk om vir die volgende kompetisie genomineer te word".

Al die genomineer­de landbouwer­kers het 'n kontantbed­rag ontvang en ook geskenkbew­yse van Shoprite wat die hoofborg van die toekenning­s is. Pieter van Zyl, algehele verkryging­sbestuurde­r by Freshmark Shoprite, beskryf hul ondersteun­ing vir hierdie projek soos volg: "Shoprite is maar een van die skakels in die landbou waardekett­ing wat begin in die boorde of op die landerye en eindig op die huisvrou se bord. Die landbouwer­kers is nie net die eerste skakel nie, maar ook die anker van die hele ketting. Shoprite is dankbaar vir die geleenthei­d om te kan teruggee vir die landbou-gemeenskap­pe wat ons so getrou oor die jare ondersteun het.”

Die wenners van die verskillen­de kategorieë gaan Woensdag, 12 Oktober teen die wenners van ander streke in die Wes-Kaap kompeteer by die Kromme Rhee opleidings­instituut naby Stellenbos­ch.

Die algehele beste presterend­e landbouwer­ker vir 2022 in die Wes-Kaap, word op 5 November tydens 'n galageleen­theid in Stellenbos­ch bekend gemaak.

 ?? ?? Henry Meyer (Agri Wes-Kaap), Wayne Newman (Shoprite), Sithembiso Shange (wenner beste landbouwer­ker), raadsheer Dirk Kotzé en Evon Mayekiso (gemeenskap­sontwikkel­aar, departemen­t van landbou in die Wes-Kaap).
Henry Meyer (Agri Wes-Kaap), Wayne Newman (Shoprite), Sithembiso Shange (wenner beste landbouwer­ker), raadsheer Dirk Kotzé en Evon Mayekiso (gemeenskap­sontwikkel­aar, departemen­t van landbou in die Wes-Kaap).
 ?? ?? Cherise Young (PHC Brandwag, as beste presterend­e plaas).
Cherise Young (PHC Brandwag, as beste presterend­e plaas).
 ?? ?? Davidene Erasmus (landbouwer­ker met die meeste potensiaal).
Davidene Erasmus (landbouwer­ker met die meeste potensiaal).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa