Mossel Bay Advertiser

6 dood in ongelukke

- Alet Engelbrech­t en Louise Karsten

Altesaam ses mense waarvan een 'n sesjarige meisie is, is Sondag, 2 Oktober binne die bestek van agt uur in twee verskillen­de motorongel­ukke op die N2 in die omgewing van Mosselbaai dood. In die eerste van die twee ongelukke is 'n 54-jarige man omstreeks 14:00 op die N2 naby die Danabaai-afrit oorlede. Omstreeks 22:00 is vyf familieled­e van Malmesbury dood toe hul voertuig, óók op die N2, naby die Glentana-afrit in 'n botsing betrokke was. Slegs 'n 12-jarige seun van dieselfde familie het hierdie gru-ongeluk oorleef.

Mann Gildenhuys

Die 54-jarige Mann Gildenhuys van Albertinia, wat in die ongeluk naby die Danabaai-afrit gesterf het, word vandag, Vrydag 7 Oktober, om 12:00 vanuit die NG Kerk Heidelberg (Kaap) begrawe. Theodore Gildenhuys, die oorledene se broer sê die familie is steeds geskok oor Mann se skielike dood. "Dit gaan maar op en af. Ons probeer sterk wees vir mekaar."

Die oorledene laat sy dogter, Mieke Gildenhuys (21), sy ma Mona, broer Theodore en suster Theresa Candolo wat in Engeland woon, agter.

Volgens Theodore is die forensiese ondersoek na die ongeluk nog nie voltooi nie.

Strafbare manslag

Die woordvoerd­er van die KwaNonqaba­polisiesta­sie, ao Kappie Kapp, het bevestig dat 'n saak van strafbare manslag ondersoek word. In die botsing was 'n vragmotor en Mann se bakkie betrokke wat beide in die rigting van Kaapstad op die N2 gery het.

Volgens Kapp dui 'n voorlopige ondersoek daarop dat beide voertuie in dieselfde rigting beweeg het toe Mann se wit dubbelkaju­itbakkie onder die vragmotor ingery het.

'n Gedeelte van die N2 waar die ongeluk plaasgevin­d het, was vir ure gesluit om die ongeluksto­neel op te ruim.

Die publiek word versoek om sers Melvin

Niemand (044 606 5633) te kontak indien hulle enige inligting kan verskaf wat kan help met die ondersoek.

Familie dood

Intussen is die 12-jarige seun, die enigste oorlewende van die ongeluk naby Glentana waartydens vyf lede van sy familie dood is, die afgelope week na 'n hospitaal in Kaapstad oorgeplaas.

Die familie, wat van Malmesbury afkomstig was, was na hul vakansiebe­stemming in Knysna onderweg toe die Ford Ecosport waarin hulle gery het, om ongeveer 22:00 met 'n Ford Ranger gebots het. Die bestuurder van die Ford Ranger is ook met beserings in 'n hospitaal in George opgeneem en het ten tye van die voorval in die rigting van Groot-Brakrivier gery.

Die polisie ondersoek nog die voorval en kon teen die ter perse gaan nie bevestig hoe die botsing plaasgevin­d het nie.

Die oorledenes is Mandy Steward (45), haar man Jack (48), hul sesjarige dogtertjie en Jack se ouers wat beide 78-jaar oud was. Die aard van die seun se beserings is nog nie bekend nie. Die name van die kinders en hul grootouers word op versoek van die familie, nie genoem nie.

Begrafnisr­eëlings was nie teen die ter perse gaan bekend nie.

 ?? ?? Die ongeluksto­neel waar mnr Mann Gildenhuys (links) Sondag in ‘n botsing gesterf het.
Die ongeluksto­neel waar mnr Mann Gildenhuys (links) Sondag in ‘n botsing gesterf het.
 ?? ?? Jack en Mandy Steward is saam met Jack se ouers en hul sesjarige kind in die botsing dood.
Jack en Mandy Steward is saam met Jack se ouers en hul sesjarige kind in die botsing dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa