Mossel Bay Advertiser

AfriForum wys hul entreprene­ur aan

- Alet Engelbrech­t

Bertha Lewis van Pretoria is aangewys as AfriForum Sakenetwer­k se Entreprene­ur van die Jaar by 'n spoggerige geleenthei­d wat op 29 September in Groot-Brakrivier gehou is.

Lewis is die eienaar van Lingi, 'n Afrikaanss­prekende teddiebeer wat kinders leer van kleure, digbundels, stories en die ledemate van die liggaam. Lewis is ’n oudioloog en spraaktera­peut wat verseker dat kinders presies weet hoe om woorde korrek uit te spreek en om nuwe woorde aan te leer.

René Kleynhans, eienaar van Intiem Weddings in Pretoria is aangewys as die wenner van die Netwerker van Formaattoe­kenning. Kleynhans het tydens Covid-19 vir paartjies die geleenthei­d gebied om klein troues te hou en nou kan sy naweke nie voorbly met troues en kosmaak nie.

Die beoordelaa­rs by vanjaar se kompetisie was Mia Louw (Inhoudsreg­isseur van Winslyn), Annette Muller

(Hoof uitvoerend­e beampte by Flexy Force), Elmarie Berry (eienaar van Berry Good

Foods en mede-eienaar van Samesyn), Johan Beukes (Besigheids-, lewens- en leierskapa­frigter) en

Marco van Niekerk (hoof-uitvoerend­e beampte van Outdoor Investment Holdings).

Sanderien van der

Walt, die bestuurder van AfriForum Sakenetwer­k sê hoewel daar groot pryse op die spel is, is die kompetisie ook uniek danksy die platform wat dit aan die wenner bied. “Die wenner se produkte of diens word wyd op verskillen­de sosiale-mediaplatf­orms versprei, asook op nuusplatfo­rms soos Pretoria FM, Maroela Media en Forum Tydskrif. Ons wil met dié kompetisie plaaslike entreprene­urs aanmoedig en beloon. Ons sien hulle harde werk raak en harde werk is noodsaakli­k om in Suid-Afrika suksesvol te wees.” Sy voeg by dat die finaliste in vanjaar se kompetisie bewys het dat Suid-Afrikaanse en veral Afrikaanse entreprene­urs geen einde aan kreatiewe vermoë het nie. Mareli Swanepoel, projekbest­uurder by Akademia vertel dat dié instansie

’n trotse vennoot is van dié Afrikaanse entreprene­urskompeti­sie wat elke jaar nóg groter en beter raak. “Die kompetisie skep die ideale geleenthei­d vir entreprene­urs wat ’n publisitei­tshupstoot nodig het en uitstekend­e advies van kundiges in die gebied wil ontvang. Ons sien uit om die kompetisie volgende jaar verder uit te bou en om kennis te maak met nóg entreprene­urs wat ’n verskil in hulle gemeenskap­pe maak.”

 ?? ?? Bertha Lewis, oudioloog, spraaktera­peut en eienaar van die Afrikaanss­prekende teddiebeer, Lingi, is aangewys as AfriForum Sakenetwer­k se Entreprene­ur van die Jaar vir 2022.
Bertha Lewis, oudioloog, spraaktera­peut en eienaar van die Afrikaanss­prekende teddiebeer, Lingi, is aangewys as AfriForum Sakenetwer­k se Entreprene­ur van die Jaar vir 2022.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa