Mossel Bay Advertiser

Gemeente wys hul dankbaarhe­id

- Linda Sparg

Die Volle Evangelie Kerk se Hartenbosg­emeente het die naweek van 1-2 Oktober hulle 21ste jaar herdenking gevier met 'n naweek van dank, sang en lofprysing.

Die bekende sangers Danie Botha en Manie Jackson het Saterdag in die kerk wat bekend is vir sy blou sinkdak, opgetree. Die kerk was pragtig versier met rangskikki­ngs van blomme en ballonne.

Daar was 'n groot verskeiden­heid eetgoed wat heerlik voorberei en voorgesit is.

Danie het sy optrede moeiteloos afgewissel met sang, prediking en aanhalings uit die Bybel.

Manie het die gehoor geboei met sy besondere stem en die mededeling van sy eie bemoedigen­de getuienis.

Een van die kerklidmat­e, Maxie Willemse het as die seremoniem­eester opgetree.

Die burgemeest­er van Mosselbaai, Dirk Kotzé het Saterdag, tussen Danie en Manie se optredes, 'n toespraak gelewer. Hy het genoem dat Godsdiens vir te lank "onder 'n klip begrawe was" en apart van die sekulêre lewe en politiek bedryf is en hy is van mening dat dit nie apart van mekaar mag wees nie. "God is die begin van alles" het Kotzé gesê. Sondag, 2 Oktober is ‘n Nagmaaldie­ns gehou en daarna is ‘n dankfees gehou. Die naweek se herdenking­sfees is voorafgega­an deur maande se noukeurige beplanning en voorbereid­ing.

Dr Louis Schutte is reeds vir 21 jaar, sedert die stigting van die gemeente, betrokke as die gemeente se pastoor. In 'n kort toespraak by die Saterdag-vieringe wat hy saam met sy vrou Michele bygewoon het, het hy gesê: "’n Seeman word in die oopsee gekweek, nie in die hawe nie". Hy het erken dat daar oor die 21 jaar ook "baie storms was".

Die puik organisasi­e het gesorg dat die vieringe baie glad verloop het. Almal wat betrokke was by die herdenking­sfees is deur Maxie bedank.

Die klem het geval op 'n nederige dankbaarhe­id vir al God se goedheid en genade in die loop van die 21 jaar van die gemeente se bestaan.

 ?? Foto’s: Linda Sparg ?? Die gemeente se pastoor, dr Louis Schutte (links) saam met sy vrou Michele (regs) en burgemeest­er Dirk Kotzé en sy vrou Riëtte.
Foto’s: Linda Sparg Die gemeente se pastoor, dr Louis Schutte (links) saam met sy vrou Michele (regs) en burgemeest­er Dirk Kotzé en sy vrou Riëtte.
 ?? ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com ‘n Heerlike middagete is Saterdag verskaf.
Danie Botha
Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com ‘n Heerlike middagete is Saterdag verskaf. Danie Botha
 ?? ??
 ?? ?? Manie Jackson
Manie Jackson
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa