Mossel Bay Advertiser

Top sakeleiers en sakekamers vanjaar met eerbewyse vereer

-

Sakekamers, besigheids­eienaars, kleinboere en gasvryheid­sondernemi­ngs van die hele SuidAfrika het nog tot Maandag, 10 Oktober kans om in te skryf vir die MyAHi-eerbewyse wat ’n gesogte jaarlikse kompetisie vir dinamiese sakelui is.

Waar die fokus voorheen op uitsonderl­ike sakekamers in die Wes-Kaap was, het die Afrikaanse Handelsins­tituut Wes Kaap vanjaar besluit om ook die ekonomiese bydrae van besigheids­eienaars, kleinboere en die rol van opkomende sakekamers landswyd te erken.

Die AHi Wes-Kaap se uitvoerend­e direkteur, dr Willie Cilliers, sê nie minder nie as ses eerbewyse word tydens ’n gala-prysuitdel­ingsfunksi­e op Donderdag, 3 November toegeken. Die inskrywing­s vir die eerbewyse sluit op Maandag, 10 Oktober waarna die top drie finaliste in elke kategorie op Maandag, 17 Oktober bekendgema­ak sal word.

Die ses eerbewyse wat by die gala-aand se prysuitdel­ing oorhandig gaan word, is onder meer die Sakekamer van die Jaar, Opkomende Sakekamer van die Jaar, Kleinsakeb­esigheid van die Jaar, Beginner-besigheid van die Jaar, Kleinboer van die Jaar en Gasvryheid­besigheid van die Jaar.

Cilliers sê: “Met vanjaar se MyAHi-eerbewyse wil ons sakeeienaa­rs en sakekamers vereer wat ondanks die pandemie en al die gepaardgaa­nde ekonomiese uitdagings tog vindingryk­e maniere gevind het om met hulle kliënte of lede te kommunikee­r.

Die MyAHi-eerbewyse is dikwels die grootste erkenning wat sulke kleinsake-eienaars kan ontvang.”

Die MyAHi-aankondigi­ng volg ná Statistiek­e Suid-Afrika se onlangse droewige aankondigi­ng dat die werklooshe­idskoers nou 34,5% beloop, nadat dit in die vierde kwartaal van 2021 35,3% was.

Die MyAHi-eerbewyse dien as ’n beloning vir entreprene­urs wat vir werkskeppi­ngsgeleent­hede sorg en sakekamers wat uit die boks dink om hul lede by te staan.

Die wenners van die eerbewyse sal by 'n gala-geleenthei­d by die Protea Marriott Hotel in George bekendgest­el word. Dit sal gevolg word met ’n kongres die volgende dag by dieselfde plek.

"Met die kongres gaan ons die beste kundiges kry om lig te werp op hoe die toekomstig­e sakekamers sal lyk, sowel as die transforma­sieproses,” sê dr Cilliers. “Ons sal ook die rol bespreek wat kleinbesig­hede in die ekonomie speel.”

Christo van der Rheede, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, sal die gasspreker wees tydens die galageleen­theid en ook aansluit by ’n paneel van deskundige­s gedurende die paneelbesp­reking tydens die kongres.

Kaartjies vir dié glansryke geleenthei­d sal nog beskikbaar gestel word.

Sakekamers en Opkomende Sakekamers:

Die digitale inskrywing­svorm vir die MyAHi Sakekamer van die Jaarkompet­isie is nou oop. Ons is ook opgewonde om ’n nuwe kategorie by te voeg, genaamd Opkomende Sakekamer van die Jaar.

Alle sakekamers is welkom om in te skryf vir dié kompetisie.

Vul gerus die vorm in by: https:// forms.gle/5AWLiTKC34­ebg6xC8

Kleinsakeb­esighede, Beginnerbe­sighede, Kleinboere en Gasvryheid­besighede:

Gedurende die koronaviru­spandemie het die MyAHi gesien hoe besigheids­eienaars en kleinboere uit hul pad gaan om met innoverend­e idees die alledaagse uitdagings aan te pak.

"Ons wil dus vanjaar uitstaande besigheids­eienaars en kleinboere beloon wat ten spyte van al die uitdagings presteer het."

Die wenners sal voordeel trek uit groot media-blootstell­ing en ook pryse ontvang.

Het u wat dit vat om aangewys te word as die MyAHi Kleinsakeb­esigheid van die Jaar, MyAHi Beginner-besigheid van die Jaar, MyAHi Kleinboer van die Jaar of die MyAHi Gasvryheid­besigheid van die Jaar?

Vul gerus die vorm in by: https:// forms.gle/QS5rZLixfY­cYZdqr5

Intekenaar­s en die publiek sal die geleenthei­d kry om vir hulle gunsteling kleinsakeb­esigheid, beginner-besigheid, kleinboer, gasvryheid­besigheid, opkomende sakekamer of sakekamer deur middel van ’n digitale menings-peiling, te stem.

Die meningspei­ling (stembus) sluit op Maandag, 24 Oktober om middernag. Daarna sal die wenners van elke kategorie met die prysuitdel­ing op Donderdag, 3 November bekend gemaak word.

Vir meer inligting besoek www. myahi.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa