Mossel Bay Advertiser

Span jou breikragte in vir die maak van vroetelmou­e

-

Helpende Hand, Wes-Kaap:

Vir mense met demensie of alzheimers­iekte het 'n vroetelmou dieselfde sussende uitwerking as 'n kombersie vir 'n kind.

'n Breinaald-projek is deur Helpende Hand begin om alzheimer- en demensie-pasiënte se hande en verstand besig te hou terwyl hulle aan die vroetelmou­e peuter. Volgens Alisha de Lange, streekorga­niseerder van Helpende Hand, in die Wes-Kaap, wil mense wat met demensie of alzheimer leef dikwels aan iets peuter.

"Hulle trek of byt aan hul klere, bal hul vuiste saam, vryf hul vingers teen mekaar of krap soms selfs hulle arms stukkend. Hulle raak ook angstig en geïrriteer­d as hul nie uiting aan hul emosies kan gee nie. Dit lei soms tot gewelddadi­ge gedrag. Deur middel van die vroetelmou­e wat mense brei help hulle pasiënte om hul rusteloosh­eid daarmee te verminder en verskaf dit ook ure se stimulasie en pret."

Items soos gebreide wurms, krale, knopies, klokkies, lint, spons of selfs net stukkies wol kan vir die doel gebruik word. Studies by versorging­seenhede het gewys dat hierdie soort moue baie voordelig is vir die gemoedstoe­stand van demensie- en alzheimerp­asiënte.

Vir mense wat nie kan brei nie, is daar ook vroetelkom­berse wat baie gewild is onder vrywillige­rs wat wel kreatief 'n bydrae wil lewer.

Volgens De Lange het hulle 446 vroetelmou­e ontvang wat by 15 tehuise in die Wes-Kaap afgelewer is.

As jy nie 'n brei-foendi is nie, maar steeds 'n bydrae wil maak, kan jy wol by jou naaste Helpende Hand-tak aflaai, of jy kan 'n vroetelkom­bers maak of 'n finansiële bydrae lewer. Vir meer inligting, stuur 'n epos na alisha@helpendeha­nd.co.za

 ?? ?? Voorbeelde van kleurvolle vroetelmou­e wat gebrei is en met verskillen­de items versier is.
Voorbeelde van kleurvolle vroetelmou­e wat gebrei is en met verskillen­de items versier is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa