Mossel Bay Advertiser

Gholfklub beleef ‘n rekord-maand

- Gholfer

September het nie net die natuurlewe laat ontwaak nie, maar ook het die Mosselbaai­gholfklub behoorlik uit sy nate gebars. Die 3 890 rondtes gholf wat aangeteken is, het die rekordboek­e herskryf aangesien dit die meeste rondtes ooit vir September op ons mooi gholfbaan was.

Die maand September is op Woensdag, 28 September behoorlik afgesluit met die sakemanned­ag. 'n Mooi opkoms van 164 spelers het aan die gekombinee­rde Stableford­kompetisie deelgeneem. Kabous Pretorius en Koos van Niekerk se 75 punte het hulle die louere laat in-oes. Kort op hulle hakke het die kombinasie van Alwo Dercksen en Uys Keyser (74 punte) die aanslag van Coen Groenewald en Mike Bands (ook 74 punte) weerstaan en is as die naaswenner­s gekroon. Die vierde plek is deur Martiens Mulder en Brian Power (73 punte) ingeneem. Die sakemanne het ook gesorg dat Dawie de Beer en Rob Muller (73 punte), asook Ryk Smit en Frans Smith (72 punte) nie met leë hande huiswaarts keer nie. ‘n Suksesvoll­e dag wat deur die sakemanne moontlik gemaak is, het gesorg vir ‘n klomp gelukkige gholfspele­rs wat tevrede die dag kon afsluit.

Saterdag

Die digter, Louis Leipoldt, se woorde: “Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand” was beslis Saterdag, 1 Oktober van toepassing toe 152 spelers heerlik die stokke geswaai het. Danie van Langelaar en Malcolm Hyman het van die eerste bof af die pap dik aangemaak en op 47 punte was hulle die wenners van die beterbal Stableford­kompetisie. Die 83-jarige Paul Gouws en die 14-jarige Sam Gouws het hulle ervaring en talent saamgevoeg en op 45 punte was hulle die naaswenner­s. Ook Philip Smit en Derick Janse van Rensburg het in die Oktober-vreugde gedeel deur op 45 punte derde te eindig. Francois van Zyl en Fires Jansen van Vuuren het op 44 punte vierde geëindig met Ray Kinsman en sy spookmaat (44 punte) in die vyfde plek.

 ?? ?? Wenners van die sakemanned­ag is van links, Ryk Smit, Frans Smith, Coen Groenewald, Mike Bands, Martiens Mulder, Alwo Dercksen en Uys Keyser.
Wenners van die sakemanned­ag is van links, Ryk Smit, Frans Smith, Coen Groenewald, Mike Bands, Martiens Mulder, Alwo Dercksen en Uys Keyser.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa