Mossel Bay Advertiser

Donovan Day sorg vir aksie

-

Hoewel Calie Brown tydens die afgelope Saterdag se Oktober-skietkompe­tisie van die Neill Calitz skietklub met 'n prag 33/36 punte as skut van dag geëindig het, was dit Donovan Day wat met die skiet van die metaal-silhoeëtte vir puik prestasies gesorg het.

Donovan skiet in twee van dié drie items, al vyf die metaalplat­e plat en in die derde een 4/5. In die 10m-item is hy die enigste skut om al vyf metaalplat­e plat te skiet én om ook punte op die papierteik­en aan te teken.

Suzette Herrer sorg op haar beurt vir 'n goeie vertoning in die snelvuur deur 138/150 te behaal terwyl Calie 'n skitterend­e 47/50 met die 9mm behaal.

Uitslae

.22 oor 10m: 1. Calie Brown; 2. Ivan Maddison; 3. Suzette Herrer; 4. Liam Brown; 5. Donovan Day; 6. Donolee Pietersen.

Snelvuur oor 10m: 1. Suzette Herrer; 2.

Calie Brown en Ivan Maddison; 4. Donovan Day; 5. Donolee Pietersen; 6. Liam Brown. 10m-20m metaal-silhoeëtte: 1. Donovan Day en Calie Brown; 3. Suzette Herrer, Ivan Maddison en Donolee Pietersen; 6. Liam Brown.

20m metaal-silhoeëtte: 1. Donovan Day; 2. Suzette Herrer, Calie Brown en Ivan Maddison; 5. Donolee Pietersen; 6. Liam Brown.

10m metaal-silhoeëtte / teiken: 1. Donovan Day; 2. Calie Brown; 3. Suzette Herrer; 4. Ivan Maddison, Liam Brown en Donolee Pietersen.

9mm oor 10m: 1. Calie Brown; 2. Ivan Maddison; 3. Donovan Day; 4. Suzette Herrer.

Die volgende skietoefen­ing vind op Woensdag, 12 Oktober vanaf 09:00 tot 12:00 plaas en November se skietkompe­tisie vind op Saterdag, 5 November vanaf 09:00 plaas.

Vir enige navrae oor die klub, kontak Suzette (082 478 8090).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa