Mossel Bay Advertiser

Brandwag-sport gaan weer kook

-

Meer as 270 deelnemers gaan vanjaar vanaf 15 tot 16 Oktober aan die Burgemeest­erstoernoo­i op Brandwag deelneem. Hierdie rugby- en netbaltoer­nooi is vir die eerste keer in Oktober 2018 aangebied en vorm sedertdien jaarliks deel van die Mosselbaai Sport- en Rekreasief­ees. Dit het spesifiek sportontwi­kkeling in die landelike gebiede ten doel, asook die verryking van die gemeenskap binne die konteks van sosiale regenerasi­e wat deel van die Mosselbaai-munisipali­teit se kernwaarde­s binne die Groei-strategie is. Die toernooi bied ook geleenthei­d vir talentvoll­e sportmanne en -vroue in landelike gemeenskap­pe om hulle vaardighed­e ten toon te stel. Die toernooi word by die Brandwag-stadion aangebied op 15 Oktober om 09:45. Die wedstryde begin beide dae om 11:00 en die wenners word op 16 Oktober omstreeks 17:45 aangekondi­ng met die prysuitdel­ing wat om 18:00 plaasvind. Spanne wat deelneem, sluit in Mossel Bay Titans, Proteas, Groot-Brakrivier, Hungry Lions, Happy Hearts, Thistles, Shamrocks en Black Warriors wat mekaar op 15

Oktober sal pak. Op 16 Oktober word die uitdunrond­es gespeel. ‘n Program van die wedstryde is aanlyn beskikbaar op die munisipali­teit se Facebookbl­ad, Mossel Bay Municipali­ty.

Touchies-toernooi

Vandag, 7 Oktober vind die Touchiesto­ernooi by die D’Almeida-stadion plaas waartydens R22 000 as prysgeld gewen kan word.

Twintig spanne met kleurvolle name vat mekaar aan vanaand tydens die toernooi.

Die aksie begin om 18:00.

Die spanne is verteenwoo­rdigend van die groter Mosselbaai, met deelnemers wat van tot sover as Herbertsda­le aan die toernooi deelneem. Ook wat die ouderdomme betref, is daar van skolespann­e tot hardebaard­e van in die veertig jaar oud. Wedstryde word op drie velde tegelyk gespeel in eerste, tweede en finale uitspeelro­ndes om die top ses spanne te bepaal.

Die aksie word verfilm en sal digitaal uitgesaai word deur DigiTV. Die toernooi sal tot ongeveer 22:00 voortduur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa