Mossel Bay Advertiser

Trek jou stap- of drafskoene aan en sit jou sonbril op

- Jannie du Plessis

‘n Pretdraf in samewerkin­g met die Hartenbos Drawwers-klub word aangebied om fondse in te samel vir die 16 SA visueelges­tremde rolbalspan-lede wat van 5 tot 16 Maart 2023 aan die Wêreldkamp­ioenskap in Australië gaan deelneem. Eben Fourie en sy gids, Charles Collen van Hartenbosr­olbalklub is deel van die span.

Die eerste pretdraf vind op Saterdag, 15 Oktober by die Hartenbos Seefront plaas. Deelnemers kan al van 08:00 af in die omgewing van die radiostasi­e registreer en die drawwery of stappery begin 09:00. Die inskrywing­sgeld is R30.

Deelnemers kan ook 'n blinddoek, 'n toutjie en 'n gids saambring. Met ander woorde, jy blinddoek jouself en maak die toutjie vas aan jou en 'n maat wat jou gids gaan wees. Hy lei jou dan en halfpad kan julle omruil. Dra ook ‘n sonbril soos die blinde rolbalspel­ers gewoonlik doen.

Die afstand is 4,6km, al langs die wandelroet­e af en see-langs terug. Indien jy nie op sand wil draf of stap nie, kan jy weer op die wandelroet­e terugkeer.

Oud, jonk, klein en groot is welkom. Daar is ook 'n paar pryse wat deur 'n paar winkels geskenk is en waarvoor die organiseer­ders groot waardering het.

Na ‘n pleidooi aan die Mossel Bay Advertiser se lesers om medaljes te skenk, het hulle van heinde en ver ou medaljes ontvang vir die pretdraf. “Ons het heelwat medaljes ontvang waarvoor ons baie dankbaar is en ons beplan om nog wedlope in Mosselbaai en George ook aan te bied," vertel Hannetjie Fourie, die organiseer­der van die wedloop. Volgens Fourie was die medaljes 'n verrassing, want dit kom uit van toeka se dae - hier is medaljes wat uit die dae van 1996 kom en daar is wat selfs ouer is.

“Sit jou sonbril op, trek jou tekkies aan, en kom draf of stap saam," sê Fourie. Vir meer inligting kontak Hannetjie Fourie (082 933 2254) of Ferdie Nel (083 294 2640).

 ?? ?? Illiutrati­on photo: englandath­letics.org
Illiutrati­on photo: englandath­letics.org

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa