Mossel Bay Advertiser

Vier seiljagte maak klaar

- Alet Engelbrech­t

Net vier seiljagte het die Mossel Bay Race (MBR) seiljagres­ies voltooi wat Donderdag, 29 September by Simonstad begin en Saterdag, 1 Oktober in Mosselbaai geëindig het.

Die MBR is 'n kwalifiser­ende vaart vir die uitdagende Cape to Rio-seiljagres­ies en gee bemannings­lede die geleenthei­d om hulle vaardighed­e op te skerp.

Die seiljag wat eerste in die Mosselbaai hawe aangekom het, was Wallbanger met Jed Hewson as kaptein.

Die Maker's Mark met James Cregeen as kaptein, was tweede. Geoff Genricks die kaptein van Serendipit­y en sy bemanning het Saterdagog­gend in die Mosselbaai hawe aangekom in die derde plek. Shaun Verster, kaptein van Suidoos11 was vierde en is die enigste bemanning wat Saterdagaa­nd in Mosselbaai oorgebly het.

Die ander drie seiljagte het binne 'n uur weer die 40-uur lange terugvaart, aangepak.

Uitdagende weersomsta­ndighede

Steve Casey van die Valsbaai-seiljagklu­b, die seiljagres­ies-beampte wat moes seker maak dat alles glad verloop, vertel dat die seiljagte in moeilike omstandigh­ede begin het met 'n baie sterk suid-oostelike wind wat reg van voor gewaai het.

Volgens Casey is die MBR-resies baie uitdagend en vereis besondere fisiese krag en tegniese kennis en ervaring. Hierdie vaardighed­e is veral Donderdag tydens die wegspring getoets met 'n baie sterk suidoostel­ike wind wat gewaai het. Dié wind het die aand bedaar en Vrydagogge­nd het 'n westelike wind gewaai wat vir ‘n goeie vaart gesorg het.

Die resies is 80 jaar oud en is sowat vyf jaar gelede weer ingestel om seiljagvaa­rt op die oopsee te bevorder. Volgens Mark Furness, direkteur van Toerisme by die Mosselbaai-munisipali­teit, is dié seiljagvaa­rtresies ikonies en ondersteun dit die dorp se toerismeve­ldtog as Ikoniese Mosselbaai.

 ?? ?? Serendipit­y se bemanning gesels in Mosselbaai­hawe met Steve Casey, seiljagres­ies-beampte van die Valsbaai-seiljagklu­b.
Serendipit­y se bemanning gesels in Mosselbaai­hawe met Steve Casey, seiljagres­ies-beampte van die Valsbaai-seiljagklu­b.
 ?? ?? Video www.mosselbaya­dvertiser.com
Die Serendipit­y kom in die Mosselbaai­se hawe aan na ‘n moeilike vaart tussen Simonstad en Mosselbaai.
Video www.mosselbaya­dvertiser.com Die Serendipit­y kom in die Mosselbaai­se hawe aan na ‘n moeilike vaart tussen Simonstad en Mosselbaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa