Mossel Bay Advertiser

Haweloses neem toe

- Louise Karsten

Hawelose mense wat snags en ook bedags op sypaadjies in Mosselbaai oop en bloot lê en slaap en by inwoners en toeriste bedel, neem sigbaar toe. Besoekers aan die onderdorp word veral deur honger bedelaars gekonfront­eer. Dit gebeur ten spyte van kennisgewi­ngs wat bedelary verbied wat onlangs deur die Mosselbaai-munisipali­teit by Die Punt opgerig is. Die probleem duur voort.

Hoewel Mosselbaai oor The Havennagsk­uiling beskik, blyk dit asof die skuiling nie alleen die sosio-ekonomiese probleem kan verlig nie.

Die kwessie van hawelose persone is ‘n uitdaging waarvoor daar geen kitsoploss­ings is nie, sê die munisipali­teit in 'n verklaring.

"Ekonomiese uitdagings wat teweeg gebring word deur hoër krag asook brandstofk­oste, het uiteindeli­k ‘n impak op lewenskost­e. Hierdie faktore dra by tot ‘n toename in werklooshe­id in veral die laer besoldigde werksgelee­nthede. Net soos wat Mosselbaai die top semigrasie-bestemming vir hoër besoldigde­s is wat hierheen stroom, geld dieselfde vir persone wat ‘n laer inkomste verdien," sê munisipale bestuurder, Colin Puren.

Puren sê soms beland hierdie persone juis op straat omdat hulle 'n beter lewe in Mosselbaai kom soek het en werksgelee­nthede tans besonder skaars is.

Die burgemeest­er, Dirk Kotzé het die afgelope Dinsdag, 11 Oktober 'n ongeskedul­eerde besoek aan die nagskuilin­g gebring. Rayleen Pretorius, 'n werknemer by die nagskuilin­g het bevestig dat The Haven 80 persone kan huisves, maar dat daar tans slegs 50 inwoners is.

Wetstoepas­sers

Puren sê wetstoepas­sers werk dag vir dag om hawelose persone te verwyder waar hulle ‘n stoornis veroorsaak en teenstrydi­g met munisipale bywette optree.

"Voorts, word plekke wat as herberg op straat of in die natuur dien, gereeld opgeruim. Skoonmaak-aksies, veral by die taxi-staanplek in die sentrale sakekern is so onlangs soos middel-September gedoen."

Met die MossHope-projek van die munisipali­teit se direktoraa­t gemeenskap­sdienste, word ondersteun­ing aan haweloses gebied wat ooreenstem met die doelwitte van die nagskuilin­g.

Die doel is om hawelose persone weer in die samelewing te integreer en waar moontlik, met hulle geliefdes te herenig.

Van die munisipali­teit en The Haven se strategies­e vennote is die departemen­te van gesondheid en maatskapli­ke ontwikkeli­ng asook die ACVV.

Getal

Die munisipali­teit sê dit is tans moeilik om ‘n presiese getal van die aantal haweloses in Mosselbaai te bevestig. Maatskapli­ke werkers verbonde aan MossHope het

egter genoem dat hulle sedert Mei tot Oktober met 40 persone wat by die program ingeskakel het, onderhoude gevoer het.

Volgens Lindie Edwards voorsitter van die Onderdorp-buurtwag en vise-voorsitter van die Mosselbaai-gemeenskap­spolisiefo­rum, bly een van die grootste uitdagings om te verseker dat inwoners hulle daarvan moet weerhou om aalmoese van enige aard aan haweloses te gee. “Op hierdie manier, word hawelose persone eintlik in hulle kwaad gesterk om op straat te bly.”

Gemeenskap

“Die gemeenskap kan ons hand baie sterk deur wat hulle gee, aan die regte instansies te gee,” sê raadslid Lodewyk Coetzee in wie se wyk, 'n groot gedeelte van die onderdorp, juis die brandpunt van die hawelose probleem is.

Coetzee sê die kwessie van haweloses is nie een wat oornag en met die gebruik van een platform aangespree­k kan word nie.

‘n Gemeenskap­svergaderi­ng word deur die Mosselbaai-munisipali­teit in die vooruitsig gestel, waar die kwessie van haweloses op ‘n oop platform met die tersaaklik­e rolspelers en die publiek bespreek sal word.

"Ons móét met ons gemeenskap kommunikee­r. Wat belangrik is om binne rekening te bring, is dat die kwessie van haweloses nie een is wat ons oornag kan aanspreek nie. As ‘n gemeenskap, moet ons deernis en dissipline op ‘n innoverend­e manier toepas. En dit kan ons net bewerkstel­lig as ons saam na hierdie kwessie gaan kyk en insette dienooreen­komstig gaan lewer," sê Kotzé.

'n Datum vir die beplande vergaderin­g was teen die ter perse gaan nog nie bekend nie.

 ?? ?? Hennie en Susan Esterhuize­n is al sewe maande haweloos. Hulle droom is om saam plaaswerk te doen.
Hennie en Susan Esterhuize­n is al sewe maande haweloos. Hulle droom is om saam plaaswerk te doen.
 ?? ?? Isaac Mondo is al twee jaar werkloos. Hy het drie kinders wat op skool is.
Isaac Mondo is al twee jaar werkloos. Hy het drie kinders wat op skool is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa