Mossel Bay Advertiser

Nuwe blaastoest­el uiters waterdig

- Louise Karsten

'n Nuwe blaastoest­el, die Dräger Alcotest, sal na verwagting vanaf einde Oktober 2022, net betyds vir die feesseisoe­n, deur die Mosselbaai-munisipali­teit gebruik word as bewyslewer­ing tydens vervolging­s van beweerde oortreders wat bestuur onder die invloed van alkohol.. Die Dräger sal in die munisipali­teit se spesiaal toegeruste mobiele eenheid gebruik word om verkeersoo­rtreders vas te vat.

Senior staatsadvo­kaat, Christhénu­s van der Vijver,van die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolging­s in Kaapstad, het onlangs opleiding aan Mosselbaai se staatsaank­laers gegee oor hoe die Dräger werk en om hoe om die sake in die hof aan te bied.. "Daar was 'n toetssaak in 2011 in die Wes-Kaapse hooggeregs­hof, waartydens die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) tesame met Regshulp die spesifieke model se voorganger betrek het. Die DOV het op die stap besluit omdat daar voortduren­de agterdog oor die akkuraathe­id van die instrument was.

Die hof het tydens uitspraak in die spesifieke saak bevind dat hierdie wyse om alkohol in 'n persoon se asem te toets 'n betroubare metode is, alhoewel daar probleme was met die kalibrasie­proses van die instrument aangesien sekere komponente van die instrument gekalibree­r was deur die vervaardig­er. Kalibrasie moet egter deur ‘n geakkredit­eerde laboratori­um gedoen word.’n Verdere probleem wat tydens die toetssaak na vore gekom het, was dat daar oor ‘n tydperk veranderin­ge aangebring was aan die spesifieke instrument, terwyl die nasionale spesifikas­ie nie ook dienooreen­komstig aangepas was nie. "

Die daaropvolg­ende vyf jaar het die DOV in samewerkin­g met die Wes-Kaapse departemen­t vir vervoer en ander belangrike rolspelers soos die Suid Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) die probleme wat tydens die toetssaak aan die lig gekom het, reggestel en onder andere is ‘n nuwe nasionale spesifikas­ie opgestel.

Die huidige Dräger verskil van sy voorganger in onder andere in die volgende twee opsigte: daar sal nou van 'n motoris verwag word om twee asemmonste­rs te gee en vervolging sal ingestel word op die laagste van die twee en ‘n tempe-ratuurmete­r sal verseker dat elke persoon se asemtoets teen dieselfde temperatuu­r, naamlik 34 grade Celsius gemeet word. Indien ‘n motoris weier om te blaas, of hy kan nie blaas nie, sal hy/sy dadelik vir 'n bloedmonst­er geneem word.

Paasbollet­jies

Sosiale media het onlangs op hol gegaan nadat 'n persoon 'n paasbollet­jie geëet het en die alkohol in die asemmonste­r toe oor die toegelate perk was. Van der Vijver het dit duidelik gemaak dat dit ‘n totale wanperseps­ie geskep het. “Eerstens is dit nie die Drager instrument wat gebruik was nie maar ‘n sogenaamde ‘screener’ wat nie gebruik word vir hofdoelein­des nie, en tweedens sal die Dräger onmiddelli­k aandui indien daar alkohol in die mond gevind word en nie ‘n lesing gee nie.

Die Dräger neem net lug wat diep vanuit die longe kom en 15 minute moet verloop vandat 'n motoris in hegtenis geneem word totdat die toets afgelê word.”

Volgens Van der Vijver sal alkohol in hierdie gegewe tydperk in die mond verdamp. Hy sê verkeersbe­amptes kan steeds 'n gewone blaastoest­el gebruik om vas te stel of ‘n persoon oor die toegelate perk is, en indien wel, sal die persoon geneem word vir die toets met die Drager teneinde ‘n uitslag te kry wat gebruik kan word vir hofdoelein­des.

Meetsistem­e

Die Dräger-toestel beskik oor twee meetsistem­e wat die alkohol in die asem asook die konsentras­ie daarvan analiseer. ‘n Rekenaardr­ukstuk hiervan word gelewer. Indien die toets aandui dat die voertuigbe­stuurder die limiet van 0.24 milligram per 1000 milliliter of in die geval van bestuurder met ‘n openbare vervoerbes­tuurspermi­t, die limiet van 0.10 milligram per 1 000 milliliter oorskry, sal die persoon in hegtenis geneem word en voor die hof moet verskyn.

Die Mosselbaai-munisipali­teit sê alle verkeersbe­amptes word die nodig opleiding gegee om die toestel volgens regulasie aan te wend.

 ?? ??
 ?? ?? Munisipale amptenare en verkeersbe­amptes by die moebiele eenheid waar die Dräger Alcotest gebruik sal word. INLAS: Die Dräger Alcotest.
Munisipale amptenare en verkeersbe­amptes by die moebiele eenheid waar die Dräger Alcotest gebruik sal word. INLAS: Die Dräger Alcotest.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa