Mossel Bay Advertiser

Laaste eerbetonin­g vir Nomaphelo

- Alet Engelbrech­t

Die 23-jarige verdagte wat van die moord op Nomaphelo Pantsi, (21) 'n student van Suid-Kaap Kollege in Heiderand aangekla word, het sy borgaansoe­k op Maandag, 10 Oktober laat vaar.

Die man wat in Thembaleth­u, George, op 3 Oktober in hegtenis geneem is, nadat hy na bewering van die moordtonee­l in Mosselbaai gevlug het, het volgens 'n bron die aansoek laat vaar omdat die gemeenskap gedreig het om hom dood te maak as hy sou uitkom. Die beskuldigd­e het na bewering reeds 'n vorige veroordeli­ng.

Die borgaansoe­k is uitgestel tot 2 November.

Liggaam deur kinders gevind

Volgens polisiewoo­rdvoerder, sers Chris Spies, is Nomaphelo se liggaam, Sondag, 2 Oktober deur kinders ontdek wat in die bosse naby Bokwestraa­t in KwaNonqaba gespeel het. Haar liggaam was naak en sy het 'n oop wond aan haar gesig gehad.

Begrafnisd­iens en optog

'n Huisdiens word Saterdag, 15 Oktober, vanaf 08:00 by 69 Greenfield, White Location in Knysna gehou waarna die begrafnisd­iens daarna by die Chris Nissan Laerskool in Knysna sal plaasvind.

Die sekretaris van die Suid-Kaap Kollege se studentera­ad, Masibulele Nyabaza het bevestig dat die beplande optog na die KwaNonqaba-polisiesta­sie steeds gaan plaasvind. "Ons is nou besig met vervoerreë­lings vir studente wat Nomaphelo se begrafnisd­iens wil bywoon en sal later die datum van die optog deurgee."

Die studente van die Suid-Kaap Kollege, Heiderand, het beplan om Donderdag, 6 Oktober na die KwaNonqaba Polisiesta­sie te stap, vir 'n vreedsame betoging om hul ongelukkig­heid met geslagsgeb­aseerde geweld en Nomaphelo se dood te toon. Hulle moes die optog uitstel, omdat wetgewing bepaal dat hulle sewe dae voor die tyd skriftelik moes toestemmin­g kry by die polisiehoo­f van die KwaNonqaba­polisiesta­sie.

 ?? ?? Nomaphelo Pantsi was ‘n student by die SuidKaap Kollege in Mosselbaai.
Nomaphelo Pantsi was ‘n student by die SuidKaap Kollege in Mosselbaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa