Mossel Bay Advertiser

Orka-video vir navorsing

- Alet Engelbrech­t

Christiaan Stopforth (23) se videomater­iaal van orkas, of sogenaamde moordvisse, wat 'n groot witdoodsha­ai aanval aan die kuslyn by Hartenbos, het wêreldwyd opslae gemaak.

Die video-materiaal van Drone Fanatics SA wys hoe die orka die haai onder die water intrek en aanval en is deur Discovery Channel gebruik op een van hul programme. Orkas is bekend daarvoor dat hulle net die haaie se lewers teiken en die res van die karkas los. Christiaan, wat sowat 18 maande gelede saam met sy ouers na Mosselbaai verhuis het se video-materiaal wat met 'n hommeltuig geneem is, help ook nou met navorsing oor die orkas en witdoodsha­aie se gedrag.

Alison Towner 'n marine-bioloog van die Kaap en ander wetenskapl­ikes gebruik die besondere video-materiaal as deel van hul navorsing. Sedert die eerste aanval op 16 Mei verfilm is, het die 12 groot witdoodsha­aie wat gewoonlik by die Hartenbos-kuslyn te sien is, vir sowat 45 dae verdwyn. Een haai is 'n dag ná die aanval in kniediep water voor die mond in Hartenbos gewaar.

Volgens Christiaan, het dit gelyk asof die haaie beangs is en eintlik nie in die see wou wees nie. Hy vra dat enige lid van die publiek wat dalk 'n foto of video hiervan geneem het, hom asseblief moet kontak. Die karkas van nog 'n witdoodsha­ai het op 21 Augustus op Hartenbos se strand uitgespoel. Die haaie het daarna weer vir sowat 45 dae verdwyn en word nou weer in die see waargeneem.

Die orkas, Starboard en Port soos hulle onder die publiek bekend staan, word dikwels in die see aan die Mosselbaai-kuslyn gewaar. Hulle het nou die gebied verlaat wat beteken dat die geliefde Southern Right walvisse in vrede hulle kalfies kan hê en gereed kan maak vir die lang tog terug na die Suidpool toe.

Christiaan se droom is om vir Discovery Channel en National Geographic beeldmater­iaal te verskaf wat dan ook gebruik kan word vir mariene navorsing.

Hy is uitgenooi om volgende week by die Wildscreen Festival in Kaapstad vrae te beantwoord oor dit wat hy waargeneem het met sy hommeltuig-fotografie en foto's en video-materiaal wat hy tydens duikaktiwi­teite saam met Go Dive in Mosselbaai, afgeneem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa