Mossel Bay Advertiser

Strandlope­r gee raad oor geweld

- Alet Engelbrech­t

Clinton Strandlope­r het onlangs weer sy opwagting in die Groot-Brakrivier area gemaak en die Mossel Bay Advertiser het met hom gaan gesels langs die rivier waar hy besig was met sy oggendritu­eel. Polisiebea­mptes van die Groot-Brakrivier­polisiesta­sie het gou kom groet met Clinton wat almal soos goeie kennisse hanteer.

Vir die oningeligt­e is die man met die woeste hare en elandsvel om die lyf, net nog 'n karakter wat homself uit die samelewing onttrek het. Maar begin jy met Clinton Strandlope­r, soos hy bekend staan, gesels, kom jy gou agter hier is 'n baie intelligen­te man met 'n ongeloofli­ke kennis van die veld, die seelewe, ons voorgeslag­te se geskiedeni­s en van die lewe in die algemeen. Sy wysheid en insig oor die mens en sy gebreke kom van sy eie swaarkry en pyn.

Volgens Clinton wil hy mense leer uit sy eie foute sodat ons nie aanmekaar dieselfde foute maak nie. "Ons moet die sirkel breek." Clinton sê hy weet sy kinders ly ook daaronder want hulle sien nie genoeg van hulle pa nie. "Ek trust nie myself genoeg om by hulle te wees nie. As 'strandlope­r' gee dit vir my die voorreg om daaroor te kan praat sodat ander mense daaruit kan leer en dit is nou belangrike­r as my eie lewe."

Clinton se kleintyd in die Kaap, waar hy grootgewor­d het, was baie traumaties en het hy dikwels vir 'n dag of twee by ander mense gaan bly net om te voel hy is 'n mens. Hy het baie keer op die strand gestap en gekyk en geleer wat die vissermann­e doen.

"Soos ek ouer geraak het, het ek besef my familieled­e is nie 'n voorbeeld nie en dis hoekom ek nou so 'n loner is. Ek kan nie by my mense en kinders bly nie want ek wil hulle beskerm."

Clinton glo dat alle mense op die planeet, "inheemse mense" is en nie net sy voorsate nie.

"Die oorsprong van die mens is aan hierdie kus waarlangs ek stap en vir my beteken inheems dus alle mense en die bewusmakin­g van alle mense se regte."

Clinton Strandlope­r se missie met sy staptogte is om 'n versoening­sboodskap uit te dra wat die verskillen­de rasse aanmoedig om met wedersydse respek na mekaar uit te reik.

 ?? ?? Video www.mosselbaya­dvertiser.com
Clinton Strandlope­r saam met die kommunikas­iebeampte van die Groot-Brakriver-polisiesta­sie, sers Lauriane Botha wat haar ontferm oor hom as hy in die omgewing is.
Video www.mosselbaya­dvertiser.com Clinton Strandlope­r saam met die kommunikas­iebeampte van die Groot-Brakriver-polisiesta­sie, sers Lauriane Botha wat haar ontferm oor hom as hy in die omgewing is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa