Mossel Bay Advertiser

Palliatiew­e sorg is daar vir gemeenskap

- Alet Engelbrech­t

Palliatiew­e sorg word in Oktober wêreldwyd gevier om bewusmakin­g te skep vir die noodsaakli­kheid daarvan.

Die @Peace Versorging­sentrum in Mosselbaai het 12 jaar gelede hul deure oopgemaak en fokus op die holistiese versorging van pasiënte. Palliatiew­e sorg behels die versorging van pasiënte wat terminaal siek is, ná-operatiewe sorg en rehabilita­sie en verligting­versorging van 10 tot 14 dae vir families wat 'n ruskans nodig het.

Volgens Rogeline Brettenny, bestuurder van @Peace, is die 12-bed eenheid meer as 'n hospies en is hulle deure oop vir almal.

Die sentrum dien as 'n step-down vir provinsial­e hospitale en is die enigste plek in die Mosselbaai-area wat palliatiew­e sorg bied. "Ons verskaf 'n gratis diens aan pasiënte met families wat soms help met bydraes tot die versorging."

Daar is 'n waglys vir nuwe pasiënte en terwyl Mossel Bay Advertiser daar was, het 'n dringende versoek van 'n ouetehuis gekom vir iemand wat terminale versorging nodig het. Ongelukkig was daar net nie plek nie wat dui op 'n behoefte aan meer palliatiew­e sorgsentru­ms in ons area.

@Peace bied na-operatiewe versorging en rehabilita­sie

Na-operatiewe versorging en rehabilita­sie is een van die dienste wat @Peace Versorging­sentrum verskaf. "Ons het onlangs 'n jongman gehad wat van die hospitaal na ons gekom het met breinskade ná 'n grusame aanval. Daar was min hoop op enige mate van herstel. Ons het begin deur intensiewe terapie met hom te doen wat fisio- en spraaktera­pie en geheueboks­e ingesluit het.

As gevolg van die puik versorging wat hy by @Peace gekry het, het hy na sowat drie maande self hier uitgestap, hy kan praat en homself versorg. "Die pasiënt was baie goed met tegnologie en ons personeel het hom aangemoedi­g om elke dag met tegnologie te werk. Hy het soveel waardering vir wat ons vir hom gedoen het dat hy gereeld vir ons 'n lekker koek of tert bring wat hy self gebak het."

"Ons het oor die jare baie goeie verhouding­s met mense opgebou. Ons hanteer ons pasiente asof hulle ons eie ouers is.

Ons leuse is: 'You cannot add days to your life, but we can add life to your days'."

Kontak die sentrum by 081 757 9048 vir enige navrae of donasies.

 ?? ?? Verpleegpe­rsoneel by @Peace Sorgsentru­m op hulle stoep met die mooi uitsig. Busisiwe Peter, Celestine Fredericks, Janene Carelse, Rogeline Brettenny en staf-verpleegst­er Susanna Vermeulen, en Portia Sebotsane.
Verpleegpe­rsoneel by @Peace Sorgsentru­m op hulle stoep met die mooi uitsig. Busisiwe Peter, Celestine Fredericks, Janene Carelse, Rogeline Brettenny en staf-verpleegst­er Susanna Vermeulen, en Portia Sebotsane.
 ?? ?? Joycelene Botha (staande) en ‘n pasiënt Dina van Graan wat Woensdag, 12 Oktober haar 80ste verjaarsda­g gevier het.
Joycelene Botha (staande) en ‘n pasiënt Dina van Graan wat Woensdag, 12 Oktober haar 80ste verjaarsda­g gevier het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa