Mossel Bay Advertiser

LA wink vir SK-sterre

- Michelle Pienaar

Drie talentvoll­e musikante het uitsonderl­ik presteer tydens die afgelope Suid-Afrikaanse kampioensk­ap van die uitvoerend­e kunste (Sacopa) wat van 30 September tot 8 Oktober in Rustenburg gehou is. As alles volgens plan verloop, mag 'n paar Suid-Kaapse sterre dalk by die wêreldkamp­ioenskap in Los Angeles uitblink.

Die jongste uitvoerend­e kunstenaar, Maja Snyman (15), se plek is egter verseker met 'n ten volle betaalde reis vir haar deelname aan die WCOPA in LA volgende jaar van 24 Julie tot 6 Augustus. Hierdie vyftienjar­ige violis en pianis van Glentana, wat by McKinlay Reid Internatio­nal Academy in George studeer, is gekies as die algehele junior wenner oor al vyf kategorieë (dans, drama, instrument­aal, modelwerk, vokaal). Sy is ook die wenner van die instrument­ale afdeling vir juniors.

Die sanger en liedjieskr­ywer, Christo Esterhuize­n (31) is die algehele senior wenner vir die vokale afdeling (mans en vroue), asook die wenner van die vokale afdeling vir senior mans.

Die Pacaltsdor­per, Veronique Ferndale (35) is gekroon as die wenner van die vokale afdeling vir senior vroue.

Ander uitblinker­s sluit in Brandon Swart (24) van George (1 goud: instrument­aal), Anuchka Henning (26) van Oudtshoorn (2 goud, 1 silwer: vokaal) en Arancha Fortuin (26) van Sedgefield (3 brons: vokaal).

"In ag genome dat sowat 3 000 inskrywing­s vir die kompetisie ontvang is, met ongeveer 17 000 verhoogite­ms, is hierdie 'n uitstekend­e oes vanuit ons distrik," het Sacopa se streekdire­kteur van die Tuinroete, Annerie Snyman gesê.

Vanuit die omgewing is Christo, Veronique, Brandon en Anuchka gekies om deel te neem aan die wêreldkamp­ioenskap in Los Angeles, met hul eie befondsing of 'n borgskap.

Hulle word almal verteenwoo­rdig deur Karen Kretschmer en Tracy Lotus Anderson van Alive Life Entertainm­ent.

 ?? Foto: ?? Christo Esterhuize­n (31). Michelle Pienaar
Foto: Christo Esterhuize­n (31). Michelle Pienaar
 ?? ?? Maja Snyman (15)
Maja Snyman (15)
 ?? ?? Veronique Ferndale (35)
Veronique Ferndale (35)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa