Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai­ers is bevoorreg

-

Anton Alberts, Mosselbaai:

Gun ons asseblief vandag die geleenthei­d en voorreg om namens ons gemeente, Judah Ministries (Wassenaars­traat, Seemeeupar­k) asook The Mustard Seed Educationa­l Centre, by name van pastoor Pierre Toerien, vir Mosselbaai-munisipali­teit van harte te bedank vir hul flinke en onmiddelli­ke reaksie en aandag met ons versoek dat die grondpad langs ons kerk wat toegang verleen tot die kerk en sentrum, opgeknap moet word.

Hierdie pad was regtig stukkend, vol gate, slote en feitlik onbegaanba­ar.

Ons het 'n versoek tot die Mosselbaai­munisipali­teit gerig, om die grondpad op te knap en die nodige aandag daaraan te skenk.

Soos genoem, het ons onmiddelli­k positiewe reaksie ontvang en raadslid Botha het ons selfs besoek om eerstehand­se inligting te ontvang en om homself van die werklike omstandigh­ede te vergewis. Dit was vir ons 'n groot eer en voorreg om raadslid Botha te ontvang en in te lig.

Hy het onmiddelli­k onderneem om sy onverdeeld­e aandag aan ons versoek te verleen en om ook alles in sy vermoë te doen om aandag aan ons versoek te skenk.

Mnr Botha het sy woord gestand gedoen en die pad is binne een week opgeknap deur dit te skraap, gruis te gooi en te rol. Die pad lyk sommer baie mooi,en is nou weer toeganklik. Dankie Mosselbaai-munisipali­teit en spesifiek raadslid Botha.

Die Mosselbaai-munisipali­teit het net weer bewys dat hul leuse van "Dinge gebeur hier", nie net nog 'n slagspreuk is nie, maar wel 'n werklikhei­d is.

Baie dankie en wat 'n besondere voorreg is dit nie om in Mosselbaai te mag woon nie.

Ons besef ook alte goed dat die leiding en voorbeeld van "bo" kom en daarom wil ons dan ook ons agbare uitvoerend­e burgemeest­er, Dirk Kotzé asook die munisipale bestuurder mnr Colin Puren bedank vir hul onbaatsugt­ige diens aan die gemeenskap.

Julle voorbeeld en die feit dat julle op grondvlak rondbeweeg dra 'n goeie beeld uit.

Dit sal dan ook onverantwo­ordelik wees om nie ons getroue amptenare te bedank nie.

Raadslid Botha baie dankie ook dat jy 'n oopdeur-beleid het en nooit skroom om op grondvlak met die gemeenskap in gesprek te tree nie. Ons sien geweldig daarna uit om 'n mooi en gesonde werksverho­uding met alle partye te hê.

Nogmaals baie dankie en mag u groot seën en vrug op u arbeid ervaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa