Mossel Bay Advertiser

Om niks te hê nie

-

Die haweloses. Ons sien hulle dikwels langs die pad loop met 'n paar goedjies in die hand, of by 'n robot staan met 'n bord, of iewers langs die straat sit of lê, terwyl ons wye draaie om hulle loop. Ons probeer oogkontak vermy want ons het ook meestal net 'n paar rand in die beursie en gee jy hulle nóú iets, wil hulle môre weer hê.

Soms raak ons wrewelrig en dink dis jou eie skuld dat jy in die posisie is. Ek onthou hoe ek baie keer in Johannesbu­rg by hierdie ouens verbygery het en gewonder het wat het nou gebeur dat jy hier beland het? Af en toe het ek gou 'n paar goed gaan koop om vir hulle te gee as ek weer daar verbyry. Goeie dade? Ek hoop so.

Hulle was nie altyd baie dankbaar nie. Sou dalk eerder 'n geldjie wou hê om die ellende weg te drink of te bedwelm. Net as jy al dáár was, kan jy verstaan hoe dit is. So het Covid-19 die planeet getref en binne enkele maande ook baie middelklas en selfs welgesteld­e mense in armoede gedompel. Dit vat nie veel om van die middelklas na laer te val nie. Net 'n paar maande van geen inkomste nie en die onvermoë om vir noodsaakli­khede te betaal en dan is jy in die skuldinvor­deraars se meedoënlos­e visier.

Volgens my is daar geen groter euwel en onreg as prokureurs­firmas wat skuld by finansiële instelling­s koop en dan mense genadeloos jag tot daar niks oor is nie. Soos my een vriendin sê, ons (50 plus en voorheen vryskutwer­kers) het irrelevant geraak in die werksplek en in die lewe. Ons kwalifisee­r vir geen hulp nie maar daar word van jou verwag om die lewe te leef, vir jou kinders te sorg, brandstof in die kar te gooi, jou kinders by die skool te kry en om by die werk uit te kom. En as jy nie meer 'n werk of bates of beleggings het nie, nie meer 'n mediese fonds, pensioenpl­an of spaargeld het nie en veral nie meer kredietwaa­rdigheid het om op terug te val nie? Wat dan?

Maar die belangriks­te as jy nie meer die ondersteun­ende vangnet van nabye vriende en familie het nie. Mense wat miskien self genadeloos deur die lewe uitgemerge­l is, dan het jy regtig niks. Geen mens kan leef sonder geld nie. En só beland meer en meer mense op straat, die sogenaamde haweloses waarna ons meestal minagtend verwys en om elke hoek en draai verwilder. Hang so 'n persoon homself aan 'n boom op langs 'n straat in Kaapstad of ry hy of sy oor die afgrond by die nou berugte Voëlklip, moet ons soms verstaan dat daardie persoon, om welke rede ook al, dalk net nie meer kon aangaan nie. Toon meer deernis, genade en begrip en help waar jy kan. As jy 'n huis en kos vir jou en jou kinders het, dan is jy versorg en is jy inderdaad ook ryk. Die mense wat sê geld is nie alles nie, weet kennelik nie waarvan hulle praat nie. Ons menswaardi­gheid word te dikwels verkeerdel­ik net aan geld en status gekoppel. Sonder geld is jy niks.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa