Mossel Bay Advertiser

Jong opkomende jagters voltooi 1ste opleidings­module

-

Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsv­ereniging (SJB) het die afgelope naweek weer 'n opleidings­kursus vir jong opkomende jagters aangebied.

Die SJB se grootste doelstelli­ng is om ons jeug te ontwikkel. Daarom is die opleiding van juniors een van die prioriteit­e op die jaarprogra­m. Die vereniging word beskou as leiers op hierdie gebied omdat hulle verskeie natuur- en jagverwant­e kursusse oor die jare ontwikkel het wat die kinders aan die natuur blootstel. Hier word gefokus op gesonde maniere van ontspannin­g waar buitelug-aktiwiteit­e natuurlik voorkeur geniet. Hierdie kursusse word deur Chasa (Jagterskon­federasie van Suid-Afrika) goedgekeur.

Die studente word reeds as laerskooll­eerders blootgeste­l aan die veldskoolk­ursus. Dit word oor ‘n periode van etlike dae aangebied. Daar is ook die skietklini­ek wat vir een dag deur bekwame en entoesiast­iese opleidings­beamptes aangebied word.

Hierdie laaste opleidings­kursus op skoolvlak word in twee modules aangebied. Die eerste van twee modules is so pas afgehandel en is by SJB se opleidings­fasiliteit­e en skietbaan by KleinBrakr­ivier aangebied. Elke student kry die geleenthei­d om onder ervare mentorskap die vaardighed­e van verskeie tegnieke aan te leer en waar die veilige en oordeelkun­dige hantering van ‘n vuurwapen die kernaspek is.

Die eerste fase fokus grootliks op veiligheid en die hantering van vuurwapens in verskeie dissipline­s. Elke student moet kwalifisee­r sodat sy/haar skietvernu­f op standaard is voordat hulle toegelaat word vir die volgende module. Module 2 gee hulle die geleenthei­d om die jagveld te besoek waar hulle dan hul eie springbok kan skiet en verwerk. Met die suksesvoll­e voltooiing van die kursus (module 1 en 2) word die Chasaserti­fikaat verwerf waarmee die jongeling kan geregistre­er as ‘n toegewyde jagter.

Dankie

SJB spreek hul opregte dank uit aan elke instansie en privaat donateur wat op ‘n gereelde basis bydraes maak om die jeug beter toe te rus vir toekomstig­e leiersposi­sies.

Baie dankie aan: Fermi Meyer (George) leier van die groep, Wilhelm Zietsman (Riversdal), Marnus Ferreira (Mosselbaai), Len Nel (Mosselbaai), Christo Engelbrech­t (Mosselbaai), Bennie Botha (George) en Ferdi Boll (George) wat opgetree het as mentors tydens die afgelope naweek se kursus. Die belangriks­te bydrae was natuurlik om al die monde te voed. "Hiermee ons op regte dank aan Johryn Meyer en Ouma Maryna wat die lekkerste etes en bederfies voorberei het," sê 'n SJBwoordvo­erder.

SJB se gewilde ghong-uitdaging (spanskiet) vind op 19 November by De Rust plaas. Vir meer inligting hieroor kontak 044-695

2319 of besoek die webtuiste info@ suidkaapja­gters.co.za

 ?? ?? Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Konsentras­ie tydens die skietoplei­ding.
Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Konsentras­ie tydens die skietoplei­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa