Mossel Bay Advertiser

Thys Pelser vat vlam

- Gholfer

Met die Mosselbaai-gholfbaan in ‘n pragtige toestand blyk dit dat die spelers dit so baie geniet dat asemrowend­e tellings deesdae aangeteken word. Bounty Wildsverwe­rking se maandeliks­e borgdag het 170 spelers om die louere laat meeding. Die wentelling van 45 punte het dit laat lyk asof dit ‘n beterbalko­mpetisie was, maar Thys Pelser (voorgee 9) het manalleen die punte opgestapel en sodoende die individuel­e stableford­kompetisie met vlieënde vaandels gewen.

Maklik was dit egter nie, want ‘n gesoute liga-speler, Gavin Reynolds (voorgee 6), het tot die end in Thys se nek geblaas en met 44 punte was hy ‘n waardige naaswenner. Steeds was die stryd om die rooi tapyt te bewandel nog steeds fel en Leon van Schalkwyk (voorgee 8) se 43 punte het ook ‘n glimlag op sy gesig gesit.

Die volgende spelers verdien ook vermelding: Johan van Rensburg en Leon Bence (40 punte elk), Elmar Noppe, Ryk Smit (39 punte) en Frans Smith met ‘n stewige 38 punte.

Saterdag

Die heerlike Oktober-weer duur voort en Saterdag, 8 Oktober kon die 154 spelers die wonder van die natuur ten volle ervaar en selfs ‘n swak rondte gholf het nog steeds die pragtige dag die moeite werd gemaak. Die vierbal alliansiek­ompetisie met drie tellings om te tel, het vereis dat die span as geheel hulle kant moes bring. Vic Moll se kapteinska­p moes baie inspireren­d gewees het, want op 129 punte het hy sy span bestaande uit Pine Pienaar, Brown Voster en Michael Kriel, na die oorwinnaar­s-podium gelei.

Vier ervare manne in die veld, Barry Tooth, Wessel Brand, Noël Hudson en George Ferns, het ook nie gras onder hulle voete laat groei nie en op 127 punte as naaswenner­s uit die stryd getree. Nog was dit het einde niet, want Danie van Langelaar, André Middel, Malcolm Hyman en Roelof Engelbrech­t (126 punte) het met ‘n sterk eindpoging in die derde plek ingeskuif.

Die Winter-uitklopkom­petisie vorder fluks. ‘n Beroep word op spelers gedoen om binne die vasgesteld­e tyd hulle verpligtin­ge na te kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa