Mossel Bay Advertiser

Suid-Kaap Sages hou geslaagde Kansadag op Mosselbaai

- Marius Loubser

Die jaarlikse Suid-Kaap Sages se Kansagholf­dag is 'n gewilde gebeurteni­s en vanjaar se geleenthei­d het op 10 Oktober op die Mosselbaai-gholfbaan plaasgevin­d. Tagtig spelers het in 'n gekombinee­rde tweebalsta­blefordkom­petisie deelgeneem en te oordeel aan die amper feestelike atmosfeer in die klubhuis na die tyd, het almal 'n genotvolle dag gehad.

Adri Odendaal, die Suid-Kaap koördineer­der van Kansa vir fondsinsam­elings, het in haar kort toespraak die belangrikh­eid van die bewuswees vir tekens van kanker onderstree­p en ook vertel van die huis vir kankerlyer­s in Oudtshoorn wat baat vind deur al die skenkings en donasies wat hulle ontvang.

Uitslae

Die volgende pare het die beste gevaar:

1. Gert Brink en Craffie Crafford (Mosselbaai) 80; 2. Peter Fillies en Bennie Mintoor (Boggomsbaa­i) 76; 3. Flip en Bernice Cloete (Mosselbaai) 75; 4. Eddie

Vermeulen en Lionel du Plessis (Mosselbaai) 72; 5. Nelis en Mariaan Loots (Mosselbaai) 72; 6. Chris Barnard en Dawid Gerber (Mosselbaai) 70; 7. Alwyn Vorster en Branco Celica (Stilbaai); 8. Pieter Barnard en Bennie Geldenhuys (Mosselbaai) 70; 9. Martin en Eleonor Speelman (Mosselbaai) 69; 10. Tony Bailey en Lawrence Baltrop (Stilbaai) 69. Die naaste aan die penne is gewen deur Dave Gravett van Stilbaai op putjie 4, Tannah Harris van Boggomsbaa­i op 8, Danie Terblanche van Mosselbaai op 12 en Eugene du Plessis van Mosselbaai op 15.

Philip Claase, Dawid Gerber en Craffie Crafford, almal van Mosselbaai, en Peter Fillies van Boggomsbaa­i, het almal spogtwees aangeteken en Bennie Geldenhuys van Mosselbaai het die enigste arend van die dag aangeteken.

Die volgende Sages-saamtrek vir SuidKaap is op 15 November op Stilbaai, 'n 4BBB-stableford­kompetisie.

Adri Odendaal (072 133 0444) kan gekontak word indien iemand 'n bydrae vir Kansa wil maak. Hulle webtuiste kan ook besoek word om meer inligting te bekom.

 ?? ?? Wenners van die Bounty Wildsverwe­rking wat op Woensdag, 5 Oktober plaasgevin­d het, is: G Engelbrech­t, E Barkhuizen, Elmar Noppe, Ryk Smit, Johan van Rensburg, Frans Smith en Gavin Reynolds.
Wenners van die Bounty Wildsverwe­rking wat op Woensdag, 5 Oktober plaasgevin­d het, is: G Engelbrech­t, E Barkhuizen, Elmar Noppe, Ryk Smit, Johan van Rensburg, Frans Smith en Gavin Reynolds.
 ?? ?? Wenners van die Sages se Kansa-dag is: Nic Marais (voorsitter), Peter Fillies, Bennie Mintoor, Bernice en Flip Cloete, Craffie Crafford en Gert Brink.
Wenners van die Sages se Kansa-dag is: Nic Marais (voorsitter), Peter Fillies, Bennie Mintoor, Bernice en Flip Cloete, Craffie Crafford en Gert Brink.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa