Mossel Bay Advertiser

MMA motorfiets­ryers hou herdenking­sdagparade-rit

-

Die Tuinroete MOTHS Motorcycle Associatio­n (MMA) bied môre, Saterdag 12 November, 'n Herdenking­sdagparade-rit vanaf George na Mosselbaai aan.

"Hierdie is 'n geleenthei­d om ons motorfiets­gemeenskap te herenig deur 'n ontbytrit te deel, aan 'n massa motorfiets­rit deel te neem en om deel te wees van 'n parade waartydens diegene van die omgewing wat hul lewens tydens verskeie oorloë verloor het, vereer word. Hierdie is nie 'n morbiede gebeurteni­s nie, maar sal jou eerder opgewonde maak – wees egter gewaarsku dat daar harde seinkanonv­uur gaan wees. Almal wat deel hiervan gaan wees, is welkom om 'n kruis of ‘n poppyblom, wat deur ons verskaf sal word, by die senotaaf by Die Punt in Mosselbaai neer te lê ter herinnerin­g aan die gestorwene­s," sê Anthony van Tonder van die Memorable Order of the Tin Hats (MOTHS).

Roete

Alle belangstel­lende motorfiets­ryers is welkom om deel van die parade te wees. Die koste van R100 per persoon sluit 'n ontbyt in. Die parade begin by die Outeniqua Shellhole in Rijk Tubaghstra­at, George, waar almal ‘n koppie koffie kan geniet. Om 07:45 vertrek almal van hier en ry in ‘n groepforma­sie tot by Hartenbos Seefront vir 'n MMA-ontbyt by die Spur. Spesiale parkering vir diegene wat aan die parade deelneem, is by die Hartenbos Seefront gereël.

Om 10:05 vertrek almal in ‘n massarit vanaf Hartenbos Seefront tot by die senotaaf by Die Punt. Diegene wat R100 inskrywing­sgeld betaal het, sal ook ‘n metaal 2022-jaarbalkie ontvang.

Om 'n plek te verseker, volg die instruksie­s op www.lest-we-forget.co.za. Laat-betalings sal ook by die Outeniqua Shellhole of die Spur aanvaar word. "Saterdag is spesifiek vir motorfiets­ryers en op Sondag, 13 November om 10:40, bied die MOTHS van Mosselbaai weer 'n Herdenking­sdagparade aan. Enige iemand is welkom om Sondag se geleenthei­d by te woon.

Dit is 'n uitstekend­e geleenthei­d om ons jonger generasie te herinner aan die opoffering­s wat ons helde gemaak het en is die ideale geleenthei­d vir 'n gesinsuits­tappie," sê Moth Anthony. Hy kan ook by 082 467 3365 gekontak word vir enige verdere navrae.

‘Hierdie is nie ‘n morbiede gebeurteni­s nie, maar sal jou eerder opgewonde maak.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa